Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vrou dood in brand in Bonteheuwel

’n Volwasse vrou is Maandag dood toe ’n brand in die vroeë oggendure by ’n huis in Bonteheuwel, Kaapstad, uitbreek.

’n Omstander kyk hoe ’n huis in Bonteheuwellaan Maandag in die vroeë oggendure brand. Foto: Verskaf

Jermaine Carelse, woordvoerder van die brand-en-nooddienste, sê hulle is omstreeks 01:45 na die brand in Bonteheuwellaan uitgeroep. Op die toneel is hulle in kennis gestel dat ’n persoon in die brandende huis vasgekeer is.

“Brandbestryding en soek-en-reddingsoperasies het gelyktydig plaasgevind. Die volwasse vrou het noodlottige brandwonde opgedoen,” sê Carelse.

Volgens hom was onder meer ’n reddingsvoertuig en 14 personeellede op die toneel om die brand te blus.

Die brand is teen 02:45 geblus.

Die oorsaak van die brand is nog onbekend.

Die brandweerdienste op die toneel. Hulle is omstreeks 01:45 uitgeroep en teen 02:45 was die brand geblus.Foto: Verskaf
Meer oor:  Bonteheuwel  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.