SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Algemeen
Vrou dood ná taxi omslaan

’n Vrou is Maandag dood toe ’n taxi omstreeks 06:15 op die M1-snelweg by die Glenhove-afrit in Johannesburg gerol het.

Volgens Wayne Minnaar, metropolisie-woordvoerder, is 15 ander insittendes beseer en in ’n hospitaal opgeneem.

Een baan was toegemaak, maar is intussen weer oopgestel.

“Die ongeluk het aanvanklik verkeersopeenhopings veroorsaak, maar dit vloei nou weer.”

Minnaar sê die taxibestuurder sal op aanklagte van roekelose en nalatige bestuur en strafbare manslag teregstaan.

“Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend,” het Minnaar gesê.

Meer oor:  Wayne Minnaar  |  Johannesburg  |  Polisie  |  Taxi  |  Dood  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.