Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vrou dood toe motor en taxi bots

’n Vrou is Woensdagoggend in Blue Downs in Kaapstad dood en minstens agt mense is beseer nadat ’n taxi en ’n motor gebots het.

Die taxi het in die nat Kaapse weer op sy sy te lande gekom.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê die paramedici is omstreeks 07:15 na die toneel in Hindleweg ontbied en het die vrou buite die motor gevind.

“Sy is op die toneel dood verklaar.”

Meiring sê agt ander pasiënte is op die toneel ondersoek. “Van hulle was in ’n ernstige toestand en is na nabygeleë hospitale geneem.”

’n Vrou is Woensdag dood nadat sy moontlik uit ’n motor geslinger is. Foto: ER24

Meer oor:  Er24  |  Kaapstad  |  Blue Downs  |  Ongeluk  |  Taxi-Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.