Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vrou eis miljoene ná haar skoen vashaak

’n Vrou van Alberton eis R3,2 miljoen van die Total-vulstasiegroep nadat sy glo buite ’n geriefswinkel by ’n vulstasie in Alberton geval en haar voet gebreek het omdat die teëls glo ongelyk was.

Kyla Viljoen. Foto’s Verskaf

Kyla Viljoen (32) het aan Rapport gesê sy het met haklose skoene van Woolworths by die Total Alrode-vulstasie se geriefswinkel uitgeloop toe haar skoen aan die teëls vasgehaak het.

Die ongeluk het op 29 Mei 2017 gebeur by ’n geteëlde, skuins loopvlak buite die winkel. Viljoen eis van Total Suid-Afrika in die hooggeregshof in Pretoria omdat sy glo die vulstasiegroep het nie sy perseel behoorlik in stand gehou nie.

’n Ambulans het haar weggeneem en sy is vyf uur later geopereer. Sy sê sy het agt frakture in haar linkervoet opgedoen.

“Ek loop funny en my voet pyn konstant. Ek was nege maande in ’n rolstoel en hou steeds ’n kruk in my kar.”

Kyla Viljoen se voet in gips na die ongeluk. Foto: Verskaf

Luidens haar hofstukke moes Total gesorg het dat gevare op hul perseel betyds getakel word om te keer dat die publiek seerkry.

Viljoen sê sy het vier maande ná die ongeluk haar werk in mensehulpbronne weens haar besering verloor. Sy kon nog nie ’n nuwe werk kry nie weens haar fisieke toestand.

Total staan die eis teen en het beswaar gemaak by die hof teen wat hulle beskou as vaaghede en ’n gebrek aan detail in Viljoen se hofstukke.

Die partye is tans in ’n geskil oor die inhoud van die eisbesonderhede.

Meer oor:  Kyla Viljoen  |  Alberton  |  Skadevergoeding  |  Total
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.