Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vrou gebroke ná ‘liefde van haar lewe’ verdrink

’n Sakevrou van Boksburg aan die Oos-Rand is gebroke nadat die “liefde van haar lewe” in die see by Port Edward in KwaZulu-Natal verdrink het nadat hy eers hul dogter en toe vir haar uit die see probeer red het.

Shaun Harris (40) is op sy verjaardag op die Peter Pan-strand in dié kusdorp dood verklaar.

shaun harris
Shaun Harris en sy vrou, Tracy.

Hy was saam met sy vrou, Tracy, en hul twee kinders, Abigail (12) en Joshua (12), op ’n kort vakansie daar.

Shaun en Tracy is Vrydag albei die see in nadat Abigail in die moeilikheid beland het.

’n Vreemdeling het Abigail uit die water gehelp, maar ’n stroom het Tracy dieper die see ingetrek.

“My dogter voel skuldig en dink soms sy is die rede hoekom haar pa dood is. Maar dit is vir my wat hy probeer red het toe hy verdrink het,” sê Tracy.

Sy is die eienaar van Tracy Harris Properties, wat Shaun ook gehelp het om te bestuur.

’n Bewoë Tracy het Maandag aan Netwerk24 vertel hoe Shaun in die see vergeefs na haar geroep het om terug te kom.

“Ek was so ver uit. Ek kon nie die strand sien nie; net die blou van die water en die blou van die lug. Maar ek het rotse gesien en ek het soontoe geswem omdat ek nie meer my kop bo die water kon hou nie,” sê sy.

Sy is ’n paar keer teen die rotse vas geslinger voordat twee lewensredders haar kom help het.

“Ek is bly dat ek nog lewe, want anders sou my twee kinders wees deur die lewe moes gaan,” sê Tracy.

Die egpaar is jonk getroud en Tracy beskryf Shaun as die “liefde van haar lewe”.

“Ek was die petrol en hy was die brieke,” sê sy.

“Shaun was ’n sagmoedige reus wat uit sy pad sou gaan om mense te help. Hy was baie geliefd,” sê Tracy.

Hoewel die reëlings vir sy gedenkdiens nog nie gefinaliseer nie, sal dit voorlopig volgende Maandag plaasvind.

“Hy was ’n Christen en ons weet hy is in die hemel. Die kinders sal ook oukei wees, want ons vertrou op Jesus,” sê Tracy.

Shaun Harris saam sy seun, Joshua, sy vrou, Tracy, en dogter, Abigail.
Meer oor:  Verdrinking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.