Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vrou gevang oor video van polisielid

’n Onderwyseres van Centurion is Sondagmiddag in hegtenis geneem nadat sy ’n video van ’n polisievrou geneem het – iets wat sy glo nie mag doen nie.

Voordat dié 38-jarige vrou, wat nie haar naam genoem wil hê nie, in hegtenis geneem is, is sy meegedeel dat sy nie video’s mag neem van die polisie nie.

Haar man het Donderdag aan Netwerk24 gesê sy vrou is omstreeks 16:00 naby Nellmapius, Irene, deur die vroulike polisiebeampte en nog twee beamptes van die pad afgetrek.

Sy is gevra vir haar rybewys, maar het dit nie by haar gehad nie. Sy vrou het die hele onderonsie afgeneem, maar volgens haar man het dit aanvanklik nie gelyk of dit die polisiebeampte pla nie.

“Sy was nie ontsteld toe my vrou verduidelik dat sy nie haar rybewys by haar het nie, en het gevra vir haar ID-nommer en adres,” sê die man.

Kort daarna het die polisiebeampte die foon by sy vrou gegryp. ’n Kort greep van die video is intussen op sosiale media gedeel en ’n mens kan hoor hoe ’n vrou sê: “Jy bestuur sonder ’n rybewys, en dan neem jy ons foto’s en vertel vir ons jy is bang. Vir wat?”

Nog voordat die vrou kan verduidelik, word haar foon gegryp. Sy is daarna beveel om uit haar motor te klim en is in hegtenis geneem, sê die vrou se man.

“Haar foon is by haar afgeneem en sy is hardhandig in ’n vangwa geprop,” sê die man.

Hy sê die polisiebeampte en haar kollegas se verweer is dat hulle die k-woord en bobbejane genoem is.

Die man sê nêrens kan dié woorde op die volledige video gehoor word nie.

“My vrou het ook niks gesê wat kon lei tot ’n moontlike stryery nie,” sê die man.

Volgens die man het sy vrou die video geneem uit vrees vir viktimisasie.

“Ons is ook gewaarsku dat die gebied bekend is vir polisie- en verkeersbeamptes wat omkoopgeld vra. Ons is aangeraai om alle interaksie af te neem om onsself te beskerm,” sê die man.

Sy vrou is Sondagaand sowat vyf uur lank by die polisiekantoor in Lyttelton aangehou. Sy is eers borgtog geweier, maar toe omstreeks 23:00 vrygelaat.

Die vrou moes ook Dinsdag in die landdroshof in Pretoria verskyn op aanklagte van crimen injuria. Haar saak is uitgestel tot Februarie.

Intussen moes die onderwyseres behandel word nadat haar rug beseer is in die rit agter in die vangwa. Sy sal ook sielkundige behandeling moet kry weens trauma.

Haar man het ook intussen hul regsverteenwoordiger opdrag gegee om ’n klag teen die polisie in te dien.

Brig. Mathapelo Peters, Gautengse polisiewoordvoerder, het nie op herhaaldelike media navrae gereageer nie. Haar kommentaar sal bygewerk word sodra dit ontvang word.

Meer oor:  Irene  |  Centurion  |  Onderwyseres  |  Inhegtegisname
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.