Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vrou glo gekaap, vergiftig
Jacques Buitendag en Dominique du Plooy voor haar dood. Sy is Vrydag dood toe sy na bewering gekaap en vergiftig is. Foto: Facebook/Jacques Buitendag
Die polisie is besig met ’n ondersoek na die raaiselagtige dood van Dominique du Plooy. Foto: Facebook/ Lee-Anne du Plooy

’n Vrou (29) van KwaZulu-Natal is Vrydagoggend onder raaiselagtige omstandighede dood.

Kol. Thembeka Mbele, die provinsie se woordvoerder, sê ’n bewustelose Dominique du Plooy is omstreeks 08:00 na aan die pad by Kelburn Place in Hayfields, Pietermaritzburg, gevind.

“Sy is na 'n hospitaal gebring en is daar dood,” sê Mbele.

Du Plooy se werkgewer, Sally Campbell, het Sondag aan Netwerk24 gesê daar word vermoed dat sy gekaap en toe vergiftig is.

Die polisie kon egter nie die vergiftiging of die kaping bevestig nie en sê hulle is nog besig om ondersoek in te stel.

Campbell sê: “Sy was so ’n dinamiese mens. Sy was absoluut my regterhand en my hart is stukkend.”

Die familie het gesê hulle wil nie kommentaar oor die voorval lewer totdat die nadoodse ondersoek voltooi is nie.

Jacques Buitendag het Saterdag ’n hartroerende huldeblyk aan Dominique du Plooy geskryf. Sy is Vrydag dood. Foto: Facebook/Jacques Buitendag

Du Plooy se kêrel, Jacques Buitendag, het Saterdag ’n huldeblyk aan haar op sy Facebook-blad geplaas.

“Jy het my gewys wat ware liefde is, nie net deur dit wat jy gesê het nie, maar deur dit wat jy elke dag gedoen het. Die wyse waarop jy vir my omgegee het en hoe jy my laat voel het, is iets besonders,” skryf Buitendag.

Hy sê later in die skrywe dat hy verstaan dat God ’n ander plan vir hulle het en dat Hy vir Du Plooy kom haal het om saam met die ander engele in die hemel te wees.

“Jy is een asemrowende mens, my Dommie. Die tyd wat ons saam spandeer het en die herinneringe wat ons gemaak het, sal vir ewig in my hart voortleef en ek weet in joune ook. Ek is lief vir jou met my hele wese. Tot ons weer ontmoet, my kosbare engel,” sluit hy af.

Meer oor:  Kwazulu-Natal  |  Vergiftig  |  Vrou  |  Vergiftiging  |  Kaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.