Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vrou in heli-ongeluk verduur nog baie pyn

* Netwerk24 verneem die vrou is intussen geopereer. 'n BackaBuddy-fonds is ook intussen gestig.

Die vrou wat Sondag ernstig beseer is in die helikopterongeluk naby Brits in Noordwes waarin haar man dood is, is in geweldige pyn in die hospitaal terwyl sy wag om geopereer te word.

Magda Rorich (47), ’n deeltydse pastoor van Centurion, is sedertdien in die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Soweto en sou na verwagting Vrydag ’n rugoperasie ondergaan, sê Jean Lung, ’n familievriendin.

Teen laatmiddag is sy nog nie geopereer nie. Sy is by haar volle bewussyn, maar kry tans sterk pynmedikasie.

Rorich en haar man, Chris (47), was passasiers in die helikopter wat Sondagoggend in die Krokodilrivier, sowat 10 km buite Brits, neergestort het.

Polisieduikers het Chris se lyk uit die water gekry, terwyl paramedici van die Hartbeespoort Emergency Medical Services (HEMS) en omstanders Rorich uit die wrak gehaal het. Sy en die vlieënier, wat albei ernstig beseer is, is na hospitale geneem.

Rorich het bekkenbeserings opgedoen, van haar ribbes is gebreek en dan is daar ook ’n fraktuur aan haar lae rug.

Emosioneel is dit baie moeilik vir haar, veral as jy jou man verloor het. Sy is nou ’n weduwee met geen inkomste nie.

Vroeër is berig dat Marius Combrink, die vlieënier, net nadat die helikopter geval het, uit die rivier geswem en sowat ’n kilometer ver geloop het om hulp te gaan soek.

Sy vrou het Donderdag telefonies aan Netwerk24 gesê dat sy “nie in hierdie stadium met die media praat nie”.

Volgens Lung se kennis het ’n kliënt van Chris se onderneming, Get-a-Door, die helikopterrit vir die egpaar moontlik gemaak.

Sy kon nie bevestig of die kliënt ook die vlieënier van die helikopter was en of hy dit net gereël het nie.

Die Rorich-egpaar het twee kinders van 14 en 20 jaar oud.

“Emosioneel is dit baie moeilik vir haar, veral as jy jou man verloor het. Sy is nou ’n weduwee met geen inkomste nie,” sê Lung.

Intussen is die familie in die proses om ’n BackaBuddy-fonds te stig vir Rorich se mediese onkoste, rehabilitasie en algemene lewenskoste.

Ondersoeke na die oorsaak van die ongeluk duur voort.

Meer oor:  Heli-Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.