Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vrou in McLaren op nat pad in Kaapstad in ongeluk
Die bestuurder van die McLaren staan Woensdagoggend langs die motor waar sy op die N1 in Kaapstad in die ongeluk was. Foto: Verskaf

Die bestuurder van ’n peperduur McLaren-sportmotor was Woensdagoggend in die Kaapse reënweer op die N1-hoofweg in ’n ongeluk betrokke.

Die ongeluk het omstreeks 10:00 naby die afdraai van Plattekloof in die rigting van die stad plaasgevind, sê Kevin Jacobs, woordvoerder van die verkeersdienste in Kaapstad.

“Ja, dit was ’n McLaren,” sê hy.

Hoewel die presiese model van die motor nog onbekend is, kos hierdie McLaren-motors enigiets tussen R1,8 miljoen en R4 miljoen.

Dis nie bekend of die bestuurder beseer is in die ongeluk nie.

Foto’s het later opgeduik van ’n vrou wat langs die beskadigde motor staan met haar hande omhoog.

Kaapstad se paaie was Woensdag sopnat toe nog ’n kouefront inbeweeg het met gepaardgaande afwisselende reën.


Meer oor:  Mclaren-Sportmotor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.