Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vrou in plas bloed gevind ná aanval by Haaie-wedstryd

’n Haaie-ondersteuner is Vrydagaand vegtend om haar lewe in ’n plas bloed by Kingspark gevind nadat sy verskeie kere met ’n mes gesteek is.

Die voorval het tydens die halftyd van die Curriebeker-wedstryd tussen die Haaie en die Pumas gebeur.

Die polisie in KwaZulu-Natal het nie die voorval bevestig nie.

Novashni Chetty, die Haaie se woordvoerder, het aan Netwerk24 gesê een van hul ondersteuners, “ ’n jong vrou”, is in ’n vrouebadkamer van die stadion deur ’n man bygedam wat haar handsak wou gryp.

“Hy het haar by die uitgang ingewag,” sê Chetty.

Die man het glo die vrou beveel om haar selfoon vir hom te gee.

Ons sal nou saam met die aangestelde veiligheidsmaatskappy en die polisie werk om die veiligheid van ons ondersteuners te verseker.
Gary Teichmann, die uitvoerende hoof van die Haaie.

Hy het probeer om die handsak te gryp toe sy nog in haar handsak vir die selfoon gegrawe het. Toe sy hom teëstaan en vashou aan die handsak, het hy haar herhaaldelik in die bolyf met ’n mes gesteek.

Twee onafhanklike bronne, wat anoniem wil bly, het aan TimesLIVE gesê die vrou, wat erge steekwonde opgedoen het, is Vrydagaand tydens die wedstryd in ’n plas bloed gevind.

Haar desperate gille het die aandag van ander ondersteuners en veiligheidswagte van die stadion getrek.

Paramedici het die vrou op die toneel behandel en sy is na ’n nabygeleë hospitaal geneem.

Gary Teichmann, die uitvoerende hoof van die Haaie, het volgens Chetty Sondag die vrou en haar man in die hospitaal besoek.

“Ons is verheug om te sê dat sy goeie vordering maak en uit die hospitaal ontslaan is. Ons wens haar ’n spoedige herstel toe,” lui ’n mediaverklaring wat Maandag uitgereik is.

Die veiligheid van hul ondersteuners is van uiterste belang en hulle beskou die voorval in ’n ernstige lig.

“Ons sal nou saam met die aangestelde veiligheidsmaatskappy en die polisie werk om die veiligheid van ons ondersteuners te verseker.”

Meer oor:  Kingspark  |  Mesaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.