Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vrou klim uit na ongeluk; trok ry haar dood
Die ongelukstoneel op die R59 waar ’n vrou deur ’n vragmotor doodgery is. Foto: ER24

’n Vrou, vermoedelik in haar 20’s, is Maandagmiddag dood toe sy op die R59-pad naby die Ascot-on-Vaal-afrit by Viljoensdrif in die Vrystaat deur ’n vragmotor getref is.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder vir ER24, het ’n bakkie glo die vrou se voertuig getref. Sy het na bewering uitgeklim om na die skade te kyk en in die regternoodbaan gestaan toe sy deur ’n swaar vragmotor getref is.

Die presiese oorsaak van die voorval sal ondersoek word.

Volgens Meiring het paramedici die ligte voertuig aan die regterkant van die pad aangetref. Die oorledene het ongeveer 10 meter van dié voertuig gelê.

’n Bakkie het langs die ligte motorvoertuig aan die kant van die pad gestaan, terwyl die swaar vragmotor ’n kort ent verder in die middel van die pad tot stilstand gekom het.

Volgens Meiring het die vrou ernstige beserings opgedoen.

“Sy was in ’n kritieke toestand en is op die toneel behandel.” Haar toestand het egter verswak en sy is op die toneel dood.

Meer oor:  Vrystaat  |  Doodgery  |  Vrou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.