Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vrou kritiek ná brand in Potchefstroom

Cielie Lewis (68) is in ’n kritieke toestand in die waakeenheid van ’n hospitaal in Potchefstroom ná ’n brand by die Amelia-nasorgsentrum vir gestremdes.

Die ingang na die Amelia-nasorgsentrum in Potchefstroom waar ’n huisma in ’n kritieke toestand is ná ’n brand in een van die kombuise. Foto: Facebook

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het die voorval bevestig.

“ER24 het met ons aankoms die vrou in ’n rolstoel aangetref nadat personeel haar gered het. Sy het nie sigbare beserings gehad nie, maar ernstige interne beserings opgedoen weens rookinaseming.”

Volgens Hans Kleyn, instrukteur by die sentrum, het die brand in die kombuis van een van die wooneenhede ontstaan. ’n Pan met olie op die stoof was vermoedelik die oorsaak van die brand. Die kombuis is erg beskadig deur die brand.

“Een van die tuinwerkers het my gekontak by die werkswinkel waar ek toesig hou. Ek het net die woord brand gehoor en dadelik die brandblusser gegryp,” sê Kleyn.

Hy sê daar was geweldig baie rook in die eenheid. “Die huiswerker van daardie eenheid het ook fluks opgetree om die brand te probeer blus.”

Daar woon 16 inwoners in elke eenheid. Die huiswerker het hom egter ingelig dat nog ’n vrou in die huis is, sê Kleyn.

“Toe ek weer in die huis kom het ek die vrou op die grond gekry. Dit was die huis-ma gewees,” sê Kleyn.

“Ons het haar in ’n rolstoel gesit en uit die huis gestoot.”

"Die ambulansdienste was vinnig hier gewees. Hulle het haar lewe gered,” sê Lizelle de Kock, een van die sentrum se personeellede.

Meer oor:  Russel Meiring  |  Hans Kleyn  |  Potchefstroom  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.