Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vrou kritiek ná ongeluk by Kroonvaal-plaza
Die wrakstuk van die een motor wat in die botsing naby die Kroonvaal-plaza betrokke was.

Vyf mense is Saterdagaand beseer toe twee ligte motorvoertuie op die N1 suidwaarts, naby die Kroonvaal-plaza in Kroonstad, gebots het. Een van die vyf beseerdes is in ’n kritieke toestand.

Paramedici van ER24, tesame met ’n ander private nooddiens, was vinnig op die toneel en het een voertuig aan die een kant van die pad aangetref met die ander voertuig aan die oorkant van die pad.

Een passasier, ’n vrou, het verskeie beserings opgedoen en is in ’n kritieke toestand. Sy is per helikopter na die naaste hospitaal gehaas.

Die vier ander mense, wat twee kinders insluit, het geringe beserings opgedoen. Hulle is met ambulanse na nabygeleë hospitale geneem.

Die besonderhede rakende die ongeluk is nog nie bekend nie, maar plaaslike owerhede was op die toneel en het bevestig dat daar ’n verdere ondersoek sal wees.

Meer oor:  Er24-Nooddienste  |  Kroonstad  |  Kritieke Toestand  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.