Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vrou kritiek ná perd haar in gesig skop
Penny Borelli (40) verlede jaar op haar troudag. Foto: Facebook/Penny Borelli

’n Gautengse vrou is in ’n kritieke toestand nadat ’n perd haar in ’n fratsongeluk in die gesig geskop het.

Penny Borelli (40) is in ’n geïnduseerde koma in die Netcare Milpark-hospitaal in Johannesburg terwyl dokters wag vir die bloeding en swelling op haar brein om te sak sodat hulle haar kan opereer.

“Die bene aan die linkerkant van haar gesig en kop is gebreek. Sy het ook ’n ernstige oorbesering – haar oor is basies middeldeur geskeur,” sê Borelli se afrigter, Ingrid, wat gevra het dat haar van nie gepubliseer word nie en namens die familie kommentaar gelewer het.

Die voorval het Donderdag omstreeks 16:50 by die Fourways Riding Centre in Midrand gebeur waar Ingrid perdestalle huur en ruiters afrig. Die sentrum het navrae na Ingrid verwys.

Borelli neem al die afgelope 11 jaar een keer ’n week by haar perdrylesse.

Ingrid sê Borelli het nie van die perd afgeval nie. Sy het seergekry toe sy die agtjarige merrie na die stalle teruggelei het.

“Die perde vreet omstreeks 17:00 en daar was ’n paar perde voor hulle. Die perd het op- en afgespring en opgewonde geraak. Soos Penny regs gekyk het, het die perd losgekom en geskop en gebokspring soos sy vooruit gehardloop het. Die perd se hoef het haar teen die kant van haar kop getref,” sê Ingrid.

Ek dink nie eens die perd het geweet Penny is agter haar nie. Die perd was al ’n entjie voor Penny en het haar met die punt van haar hoef getref, so dit was ’n baie harde skop. Dit was nie mooi om te sien nie.

“Ek dink nie eens die perd het geweet Penny is agter haar nie. Die perd was al ’n entjie voor Penny en het haar met die punt van haar hoef getref, so dit was ’n baie harde skop. Dit was nie mooi om te sien nie.”

Borelli is met ’n Netcare-ambulans na die hospitaal geneem.

Ingrid wou nie die merrie se naam noem nie, maar sê dat sy “eintlik ’n oulike” perd is. Sy sê mense wat lesse by haar neem, ry oor en oor op dieselfde perd en dat Borelli en die merrie al gewoond is aan mekaar.

“Dit was absoluut ’n fratsongeluk. Penny het nog haar perdryhoed aangehad en dit is waarom sy nog leef,” sê Ingrid.

Meer oor:  Penny Borelli  |  Midrand  |  Johannesburg  |  Perd  |  Vrou  |  Kritiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.