Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vrou kry kruisie terug ná rooftog

’n 21-jarige vrou, wie se vinger deur ’n rower gebyt is om ’n ring af te kry toe sy en haar kêrel op ’n wandelpad buite George beroof is, het een van haar kosbare juwelierstukke teruggekry.

Die voorval het op 14 Desember omstreeks 13:30 gebeur toe sy en haar 22-jarige kêrel op ’n wandelpad agter die botaniese tuin in George gestap het.

Daar was vier netjies geklede mans op die wandelpad wat ander stappers ook opgemerk het. Die mans het die paartjie dopgehou en hulle later agtervolg en bestorm.

Een van die mans het ’n mes gehad. Die vrou se kêrel het probeer om hulle van haar weg te hou deur met hul sak weg te hardloop en sy selfoon in die bosse te gooi. Een van die rowers het egter by die vrou agtergebly en die ander drie het die man agternagesit.

Die verlore kruisie wat op ’n parkeerterrein in George opgetel is.

Hulle het egter omgedraai en is terug na die vrou. Een rower het die vrou se vinger gebyt om haar ring af te kry. Haar oorbelle, hangertjie met ’n kruisie met die woord “Saved” daarop en ’n ring is verwyder.

Sy het gegil en die mans het weggehardloop toe nog stappers nader kom.

Die vrou het kneusplekke opgedoen en het mediese behandeling ontvang.

Die silwer ring aan die vrou se vinger vroeër.

Die mans het ook ’n rugsak, motorsleutels, ’n selfoon en twee baadjies gevat. Die vrou en haar kêrel het haar ma gebel met die kêrel se selfoon wat hy in die bosse gegooi het. Die ma het toe die polisie ontbied.

Die ma sê ’n lid van die publiek, wat toevallig ’n Facebook-inskrywing oor die voorval gesien het, het haar dogter se kruisie kort ná die aanval op die parkeerterrein van die Pick n Pay-supermark in Bergsig opgetel en haar gebel.

Volgens die ma is haar dogter verheug dat die kruisie gevind is. “Dit het groot sentimentele waarde vir haar,” sê sy.

Die rugsak wat gesteel is.

Die gesteelde items is ’n silwer ring waarop “Sunè” staan, ’n wit Huawei P9 lite-selfoon in ’n blou-en-wit hulsel met blomme op, ’n blou-en-swart sak, ’n blou-en-swart reënbaadjie waarop “2016 Matriek” en “Jonker Attorney” staan en ’n bruin K-Way-baadjie waarop “De Beers” staan.

Die polisie ondersoek die voorval. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Mense word gevra om 084 403 9984 of 072 534 6944 te skakel as iemand probeer om die gesteelde goedere aan hulle te verkoop.

Meer oor:  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.