Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vrou lewend in lykshuis gekry, veg nou om haar lewe

Die pasiënt wat ná ’n motorongeluk verlede Sondag in Carletonville dood verklaar is, maar lewend gevind is in ’n staatslykhuis, is steeds in ’n kritieke toestand in ’n staatshospitaal in Gauteng.

“Ek kan nie nou sê waar sy is nie, maar sy is in die waakeenheid in ’n kritieke toestand en haar familie is in kennis gestel,” sê Lesemang Matuka, woordvoerder vir die Gautengse departement van gesondheid.

“In ’n neutedop het ’n private ambulansdiens die vrou op die toneel dood verklaar. Die staatspatoloë het haar toe verwyder, maar toe hulle die liggaam by die lykshuis ondersoek, het hulle agtergekom sy haal nog asem,” sê Matuka.

’n Verklaring wat Maandag deur die departement van gesondheid uitgereik is, sê die voorval word ondersoek en die departement sal aan die nodige beheerliggaam verslag doen.

Ons het alles gedoen en protokol gevolg. Al die tekens het aangedui dat sy dood is.

“Dit moet aangedui word dat paramedici en enige ander genoegsame opgeleide liggaam mense dood kan verklaar ingevolge die Wet op die Registrasie van Geboortes en Sterftes, Wet 51 van 1992. Die rol van die forensiese beamptes is slegs om ’n lyk te gaan haal sodra 'n persoon dood verklaar is,” lui die verklaring.

Daar is vroeër berig drie mense is verlede Sondag dood en ’n ander een is beseer toe ’n voertuig omstreeks 03:00 op die P111/R501-pad gerol het.

Ineke van Huyssteen, ER24-woordvoerder, sê in ’n verklaring paramedici het die mense op die pad aangetref.

“Die mense is na bewering uit die voertuig geslinger en drie mense is op die toneel dood verklaar,” sê sy.

Die ander pasiënt is na ’n nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Gerrit Bradnick, bedryfsbestuurder van die privaat ambulansdiens Gladiator Distress Alert, wat die vrou op die toneel dood verklaar het, sê die paramedici aan diens het al die nodige ondersoeke gedoen om te bevestig sy is dood.

“Ons het alles gedoen en protokol gevolg. Al die tekens het aangedui dat sy dood is,” sê hy.

Bradnick sê hulle verwelkom ’n ondersoek deur die departement en sê hulle het klaar ’n interne ondersoek afgehandel.

“Ons het bevind die paramedici het die wet in hierdie geval nougeset gevolg, maar ons verwelkom die ondersoek deur die departement. Dit is die eerste keer dat so iets gebeur en dit eis sy tol op die bemanningslede. Dit is baie moeilik om te verduidelik wat in hierdie geval gebeur het, maar dalk help die ondersoek om ons beleid te verbeter,” sê hy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.