Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vrou na hospitaal oor ‘blaasinfeksie’ – kry baba!

’n Jong vrou van die Strand in die Wes-Kaap is vroeër vandeesmaand hospitaal toe met wat sy vermoed het ’n blaasinfeksie kan wees – en toe kry sy ’n baba!

Klein Mea-lé Viljoen Foto: Verskaf

Meagan van Wyk (26) het nog twee weke voor haar dogtertjie, Mea-lé, se geboorte op 12 Junie ’n bikini gedra. “Ons het regtig geen benul gehad nie,” sê Kobus Viljoen (26), haar verloofde.

Mea-lé is op 35 weke gebore en het 1,94 kg geweeg, maar is heeltemal gesond. Sy het ná haar geboorte ’n rukkie in die hospitaal deurgebring, maar is intussen ontslaan.

Volgens Viljoen het Van Wyk die betrokke dag sowat vyf uur lank weens “hardlywigheid” op die toilet deurgebring.

Viljoen het Van Wyk uiteindelik na die hospitaal geneem. Hulle het vermoed dat sy ’n blaasinfeksie of menstruasiepyne het.

In die hospitaal vind sy toe uit dat sy swanger is en boonop besig is om te kraam.

Kobus Viljoen en Meagan van Wyk met klein Mea-lé. Foto: Verskaf

Viljoen sê hy het nog gewag om te hoor wat haar makeer, toe hy hoor dat hy pa geword het. “Ek was stomgeslaan.”

Hy sê hy het nege maande voor sy dogtertjie se geboorte ’n droom gehad dat die Here sy lewe gaan verander. “Maar ek het nie geweet hoe dit gaan gebeur nie.”

Later het hy ook in die Bybel Johannes 3:8 en Galasiërs 5:22 gelees wat vir hom ’n bevestiging was van Mea-lé se koms.

Hy en Van Wyk het albei in ’n kuierplek gewerk en het hul werk tydens die staat van inperking verloor. Hoewel hulle onvoorbereid was op Mea-lé se koms, het weldoeners hulle met babagoed oorlaai.

Meagan van Wyk en Mea-lé. Foto: Verskaf
Die Bybelvers waarin Kobus Viljoen oor Mea-lé se koms in kennis gestel is. Foto: Verskaf
Kobus Viljoen en Meagan van Wyk nadat hulle verloof geraak het. Foto: Verskaf

“Daar is babagoed in ons huis wat ons nog nie eens weet waarvoor dit is nie.”

Viljoen sê hy is bly hy het nie geweet dat Van Wyk swanger was nie want hy sou hom te veel daaroor bekommer het. “Alles het egter perfek uitgewerk.”

Volgens hom het hy en Van Wyk ná die geboorte verloof geraak en is Mea-lé vir hulle gestuur om mense se lewens te verander en na ander uit te reik.

Meer oor:  Meagan Van Wyk  |  Kobus Viljoen  |  Blaasinfeksie  |  Swanger  |  Baba
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.