Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vrou opgesluit toe sy polisie ontbied

’n Inwoner van Deneysville is Vrydag opgesluit nadat sy die polisie ontbied het om ’n klag van diefstal te ondersoek.

Amanda de Goede (56) was Sondagoggend nog getraumatiseer en het huilend vertel hoe sy in ’n polisievoertuig polisiekantoor toe geneem en in ’n aanhoudingsel geboender is.

Amanda de Goede by haar dogter, Nevilene Pretorius, wat in 2019 dood is. Foto: Verskaf

Haar twee werkers, ’n broer en suster, het Vrydagoggend gereed gemaak om vir die naweek weg te gaan. Sy het gesien die man sukkel om ’n oorvol tas toe te kry.

Sy het snuf in die neus gekry en aangedring dat hy haar wys wat in die tas is.

“Toe hy die tas oopmaak, sien ek my oorlede dogter se klere en ander persoonlike goedjies wat ek as aandenkings gebêre het, is in die tas gepak.

“Ek was baie ontsteld en het die polisie se hulp ingeroep.

“Die huiswerker het intussen ’n groot, sterk vriendin van haar gaan haal. Ek dink hulle wou my intimideer,” sê De Goede.

Die polisie het opgedaag, maar die huiswerker het volgehou De Goede het die besittings al drie jaar gelede vir haar gegee.

De Goede sê haar dogter, Nevilene Pretorius, is nog nie eens twee jaar dood nie.

Amanda de Goede sê dié besittings van haar oorlede dogter is in ’n tas gevind. Foto: Verskaf
Van die breekware, eetgerei, skryfbehoeftes en klere wat aan Amanda de Goede se dogter behoort het en in ’n tas gevind is. Foto: verskaf

’n Vriend van die broer en suster, ’n Zimbabwiese burger, was ook op die erf. Die polisie het hom gekonfronteer en wou weet waar sy verblyfpermit is.

Die man kon glo nie veel verstaan nie omdat die polisie nie Engels gepraat het nie.

De Goede sê daar is toe aan haar gesê sy gaan toegesluit word omdat sy ’n onwettige immigrant huisves.

Sy is daarop beveel om in die voertuig te klim.

De Goede is opgesluit, maar sê sy weet nie hoe lank dit was nie.

Sy is later aangesê om met die huiswerker vrede te maak. Dié was ook in die polisiekantoor en sy is gedwing om onder ’n groot gelag en gespot die huiswerker se hand te skud.

De Goede en die werker is ’n ruk later by die huis afgelaai, waarna sy en haar broer vort is.

Sy sê Nevilene was 18 jaar in die polisie.

Die polisie het nie Sondag op ’n medianavraag gereageer nie.

Meer oor:  Deneysville  |  Diefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.