Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vrou ‘pimpel en pers’ geslaan by lisensiekantoor in Pta

’n Vrou vrees nou vir ander se veiligheid nadat sy Woensdagoggend “pimpel en pers” geslaan is deur ’n groep oproerige betogers by die verkeersdepartement se lisensiekantoor in die Pretoriase sakekern.

Foto ter illustrasie.

“Ek het net buite die kantoor in ’n lang tou met dokumente vir die registrasie van motorvoertuie gestaan toe ’n groep van sowat 30 vroue met plakkate ’n vullisblik omkeer en begin toi-toi,” sê Simoné Uys (38) wat vir ’n motorhandelaar in Pretoria-Noord werk.

Sy sê sy is nie seker waaroor daar betoog is nie.

“Ek het hulle mooi gevra om eerder hul protesaksie elders te neem, toe vyf van die vroue my skielik aan my hare beetkry en my uit die tou uit pluk. Hulle het my begin skop en slaan. ’n Ander dame in die ry het my gehelp om van hulle af weg te kom. Ek het dadelik in my motor gespring en na die Pretoria-Sentraal-polisiekantoor gery om ’n saak van aanranding aanhangig te maak. Ek is pimpel en pers geslaan, my knieë is stukkend en ek het ’n bloedneus gekry. Ek vrees nou dat iets soortgelyks met iemand anders kan gebeur,” sê Uys.

“Ek doen die registrasie van die motors wat ons verkoop al vir die afgelope sewe jaar by die lisensiekantoor in Thabo Sehume-straat (voorheen Andriesstraat) en het nog nooit onveilig gevoel daar nie. Ek moet ook sê dat nie een van die veiligheidswagte by die lisensiekantoor ’n vinger verroer het om my te help nie."

Selby Bokaba, woordvoerder van die Tshwane-metro, sê terwyl die stad die grondwetlike reg van enige individu of groep erken om oor griewe te betoog, hulle geen reg het om enigiemand aan te rand nie.

Hy beskou dit as ’n wetstoepassingskwessie en vra dat Uys die Tshwane-metropolisie met van die voorval inlig.

“Tugstappe sal teen werknemers van die metro gedoen word wat hulle in ’n betoging aan sulke optrede skuldig maak,” sê Bokaba.

Meer oor:  Pretoria  |  Aangerand  |  Geslaan  |  Vrou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.