Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vrou se aangrypende brief ná radio-omroeper sterf

Die veteraan radio-omroeper Xolani Gwala (44) is Saterdag in sy tuisdorp, Impendle in KwaZulu-Natal, ter ruste gelê en sy weduwee het aanhoudend gehuil gedurende die diens.

Gwala se vrou, Peggy-Sue Khumalo, het in ’n brief vir Gwala gesê hy het haar gewys wat ware liefde is.

Makwena Mabusela, ’n familievriendin, het Khumalo se laaste liefdesbrief aan haar man voorgelees.

“My liefste Xolani, vandat ons ontmoet het, het jy my beste vriend geword. Van naderby was jy saggeaard en liefdevol. In jou het ek ’n sielsmaat gevind,” lui die brief.

“Jy was inspirerend, in die openbaar en selfs meer in privaat. Jou missie in die lewe was duidelik – om dié rondom ons wat sukkel, te help.”

Gwala is verlede Vrydag op die ouderdom van 44 oorlede.

Xolani GwalaFoto: Facebook/Xolani Gwala

Hy het in 2017 bekend gemaak dat hy met kanker gediagnoseer is. Die kanker was in sy kolon.

Pres. Cyril Ramaphosa het Vrydag aangekondig dat ’n spesiale provinsiale begrafnis ter ere van die gevierde uitsaaier gehou sal word. Die president het ook opdrag gegee dat die vlag in KZN halfstok moet hang.

Bheki Cele, minister van polisie, het die begrafnis bygewoon, asook Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake.

“Xolani, jy was my rots,” lees die brief van sy vrou. “Wanneer ek ontsteld was, het jy kalm gebly. En jy het vir my die mooiste kinders gegee. Ek is uiters hartseer dat ons jongste jou nooit geken het as ’n gesonde man nie.

“Ná twee jaar van getroude lewe het kanker ons lewens kom verwoes en ons bekruip soos ’n dief in die nag. Dit was slegs vier maande nadat jy huis toe gekom het met ’n medalje vir ’n maraton wat jy gehardloop het,” lui die brief.

“Die kankerdiagnose was ’n groot skok, maar jy het my verseker jy staan reg om te baklei. En jy het dapper en met waagmoed daarteen baklei.

“Jy het ’n saggeaarde persoon gebly tot die einde.”

Die paartjie se dogters, Siphesihle, Ngcwali, Nobuhle en Siphosethu Gwala, het ’n ontroerende toespraak gelewer waarin hulle gesê het hy het altyd verstaan.

Jy was inspirerend, in die openbaar en selfs meer in privaat. Jou missie in die lewe was duidelik – om dié rondom ons wat sukkel, te help.

“Wanneer jy hom iets vertel, wat jy seker is hom kwaad sou maak, sou hy met begrip en absoluut geen oordeel nie luister. Hy was nie net ons pa nie, maar ook ons beste vriend.”

Die groot tent waar die begrafnis gehou is, se dak het behoorlik gelig toe begrafnisgangers begin sing. ’n Koor het die gesange gelei. Ook die volkslied is deur ’n orkes gespeel.

Meer oor:  Xolani Gwala
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.