Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vrou se lyk gevind 30 km van waar vloed haar meesleur

’n Vrou wat Maandagaand saam met haar vriend in sy kar was toe dit in vloedwater meegesleur is, se lyk is Vrydag in die Durbanse hawe gevind.

Gevind: Buhle Mdletshe.

Dis sowat 30 km van waar Buhle Mdletshe en haar vriend, Bheki Lusenga, in die moeilikheid beland het. Vloedwater het hul voertuig laat Maandagaand in die Tshelimnyama-woonbuurt by Mariannhill, Pinetown, meegesleur. Lusenga is nog nie gevind nie.

Zinhle Ngubo, ’n inwoner, sê Lusenga het glo ’n kollega vanuit sy voertuig gebel en hulp gevra nadat hulle meegesleur is, maar dis nie seker of hulp dadelik ontbied is nie. Ngubo en ander inwoners was rasend van bekommernis terwyl die nooddienste aanvanklik Dinsdag gesukkel het om die voertuig te vind.

’n Inwoner het die kar later gesien waar dit ’n ent van waar dit meegesleur is, teen rotse by ’n brug vasgesteek het. Ngubo was self op die toneel en het ’n foto geneem van Lusenga se voertuig, waarvan ’n gedeelte nog bokant die water uitgesteek het.

Bheki Lusenga se voertuig nadat dit meegesleur is.Foto: Zinhle Ngubo

Die nooddienste kon egter nie dadelik die voertuig uithaal nie omdat die stroom te sterk was. Toe hulle dit Woensdag uithaal, was nie Mdletshe of Lusenga

Steeds vermis: Bheki Lusenga.

in die voertuig nie. Die ergste is gevrees en dié vrees is nou deels bewaarheid nadat Mdletshe se lyk gevind is. Sy was van Tshelimnyama en Lusenga is van die Oos-Kaap.

“Die gemeenskap van Tshelimnyama kry swaar omdat ons geliefdes verloor het,” het Ngubo Vrydagmiddag gesê. “Sommige is nog weg – ons pleit steeds om bystand van die tersaaklike regeringsdepartemente. Die oorstromings het ons paaie en huise ook vernietig.”

Ngubo sê hulle leef in groot onsekerheid omdat hul water- en kragtoevoer weens die stormweer en oorstromings onderbreek is.

“Die kragtoevoer is in sekere dele herstel, maar ons het steeds geen water nie. Ons vrees dit gaan dalk weke neem voordat dit herstel is. Ons buurt se brug het ook weggespoel, maar ons kom op ’n manier met agterpaaie reg.”

Meer oor:  Pinetown  |  Durban  |  Vloedwater  |  Vermis  |  Kar  |  Lyk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.