Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vrou se toestand verswak ná kopskoot
Louis Coetzee (61), wat Vrydagaand van agter doodgeskiet is toe hy die deure van ’n gholfklub gesluit het. Foto: Facebook

Die Welkomse vrou wat Vrydagaand in die kop geskiet is, is Sondagoggend na die waakeenheid van die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein oorgeplaas nadat die bloeding op haar brein vererger het.

Marlene Matthysen se stiefpa, Louis Coetzee (61), is in die voorval by die Unicorn-gholfklub doodgeskiet toe hy Matthysen en haar verloofde, Kim van Heerden, gehelp het om die deure te sluit.

Coetzee het die twee vroue teen toemaaktyd by die klub gaan help, juis omdat hy bekommerd was oor hul veiligheid, sê ’n familielid, wat nie haar naam wil bekend maak nie.

Matthysen, wat in die kop geskiet is, is kort na die voorval in die Pelonomi-hospitaal opgeneem. Die koeël het nie die brein binnegedring nie, maar die skedel is beskadig.

Matthysen was aanvanklik in die hoësorgeenheid maar is na die waakeenheid oorgeplaas. Dokters is nou baie bekommerd oor haar toestand en sal later besluit of hulle ’n noodoperasie gaan doen.

Van Heerden het Vrydagaand die laaste slot in die klub se buitedeur gesluit toe iemand op hulle begin skiet.

Coetzee is twee keer noodlottig getref en Matthysen is ook raakgeskiet.

“Kim het ’n katmandjie na die drie aanvallers gegooi, met die kroeg se sleutels weggehardloop en onder Louis se bakkie ingekruip,” sê die familielid.

Hier het sy aanhoudend die noodknoppie van ’n veiligheidsmaatskappy gedruk.

Intussen het twee klante, wat net op pad was om te ry, gesien wat gebeur het en uit hul voertuig gespring, sê die vrou.

Die aanvallers het dié twee beveel om op die grond te lê.

Annelize Strydom, Coetzee se dogter, sê haar ma, Dolly, het bekommerd geraak toe haar pa nie huis toe kom nie.

Sy het na die gholfklub gery, waar die polisie reeds op die toneel was.

Strydom sê haar pa se bakkie met die sleutels, sy beursie, alles is net so gelos nadat hulle geskiet is. Niks is gesteel nie. Volgens kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, het die mans wel iemand se skootrekenaar gesteel en daarmee gevlug.

Strydom sê haar pa was ’n skofbaas en het onlangs afgetree.

Thakeng het bevestig dat ’n klag van moord en een van poging tot moord ondersoek word.

Meer oor:  Welkom  |  Skietvoorval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.