Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vrou spot sy gaan spring, en toe val sy 40 m

’n Jong vrou is dood nadat sy Vrydagaand laat naby Pinetown sowat 40 m ver van ’n brugreling op die N3-hoofweg geval het. Sy was glo onder die invloed van alkohol en het op die reling geloop.

Andile Meyiwa (20) van die Pinetown-omgewing en twee 18-jarige vriendinne is Vrydagoggend Durban toe om te gaan uitvind oor kolleges vir verdere studie.

Toe hulle omstreeks 18:00 terugkeer, het hulle ’n saamrygeleentheid aanvaar en die bestuurder van ’n blou Volkswagen Golf het glo vir hulle drank gegee om te drink, sê kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder.

“By die Assagay-afrit het die vroue uitgeklim en Meyiwa het haar vriend gebel om hulle te kom haal.

“Hy het voorgestel hulle stap tot by die Mariannhill-tolplaza waar dit makliker vir hom sou wees om hulle te kry.

“Teen dié tyd was die vroue glo sterk onder die invloed van drank en Meyiwa het op die brugreling geklim en gespot sy gaan spring. Die vriende het aangestap. Toe hulle later omdraai en haar aansê om af te klim, het sy geval.”

Mbele sê ’n saak is by die Hillcrest-polisiekantoor ingedien en verklarings van die twee vriende is geneem.

“Die polisie vermoed geen gemene spel nie.”

Luidens ’n verklaring deur ER24 is hulle kort ná 22:30 ontbied. Die polisie was reeds daar en het hulle gewys waar die beseerde vrou sowat 40 m af in die kloof gelê het.

Reddingspanne het haar na bo gebring in ’n operasie wat sowat twee uur lank geduur het.

Sy was in ’n kritieke toestand en is na die hospitaal gehaas, maar is kort daarna aan haar beserings dood.

Reddingswerkers is ontbied om die vrou op te hys. Foto: Facebook/Community News Network TV
Die reddingspoging het twee uur lank geduur.Foto: ER24
Die erg beseerde vrou is later in die hospitaal dood.Foto: ER24

Meer oor:  Reddingspoging  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.