Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vrou spring betyds uit motor voor trein dit tref
Die motor van ’n 30-jarige vrou nadat ’n goederetrein dit op die treinspoor naby Vryheid getref het. Foto: Verskaf

’n Vrou het Sondagoggend net-net aan die dood ontkom toe haar motor op die treinspoor voor ’n goederetrein onklaar geraak het.

Volgens die KwaZulu- private ambulansdiens het die botsing by die Stilwater-kruising ongeveer 8 km buite Vryheid in KwaZulu-Natal plaasgevind.

Daar is bevind dat die voertuig onklaar geraak het toe die vrou oor die treinspoor wou ry.

Die 30-jarige vrou het gesien hoe die trein nader kom en het uit die motor gespring. Die trein het die motor getref en dit meters ver van die spoorlyn af geslinger.

Niemand is in die voorval beseer nie.

Die wrak van die motor nadat dit meters ver van die treinspoor af geslinger is nadat die trein dit getref het. Foto: Verskaf


Meer oor:  Trein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.