Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vrou sterf naby Kuruman, baba oorleef ongeluk

’n Familie van Kuruman in die Noord-Kaap is baie hartseer nadat hul dogter en suster, Alecia van der Westhuizen (27), Sondagmiddag in ’n motorongeluk op die N14 tussen Kuruman en Kathu dood is.

Alecia van der Westhuizen en haar dogter, Mia. Foto: Meraki Photography

Van der Westhuizen en haar maandoue babadogter, Mia, was saam in die voertuig.

Ao. Mosimaneotsile Letsapa, polisiewoordvoerder, sê Van der Westhuizen het vermoedelik beheer oor haar Toyota Fortuner verloor, waarna die voertuig omgeslaan het.

Sy is deur die paramedici dood verklaar. Die polisie ondersoek ’n klag van strafbare manslag. Mia is na ’n hospitaal in Kathu geneem.

Volgens Hennie Booysen, Mia se oupa en Van der Westhuizen se pa, het die baba wonderbaarlik geen beserings opgedoen nie.

“Mia is 100%. Sy is uit die hospitaal ontslaan. Sy is na ’n pediater geneem om seker te maak dat sy reg is.”

Sonja Booysen en Monica Kotzé, Van der Westhuizen se susters, sê sy was ’n wonderlike mens.

“Sy het diep spore getrap. Sy was die beste ma, suster, vrou en alles.”

Sonja sê limfklierkanker is sewe jaar gelede by Van der Westhuizen gediagnoseer.

“Die Here het haar gesond gemaak. Dokters het gesê sy sou nooit kinders kon hê nie, maar sy het ’n volle maand saam met haar dogter deurgebring.”

Van der Westhuizen was ’n chemiese ingenieur. Monica beskryf haar as slim, saggeaard en iemand wat enigiets kon regmaak.

“Sy was my kinders se peetma en het hulle lekker bederf.”

Die Here het haar gesond gemaak. Dokters het gesê sy sou nooit kinders kon hê nie, maar sy het ’n volle maand saam met haar dogter deurgebring.

Karien Booysen, Van der Westhuizen se ma, sê sy het almal met wie sy in kontak gekom het, se lewe geraak.

Su-Mari Theron Kemp het Sondag op Van der Westhuizen se Facebook-blad geskryf: “Dit voel net nie reg om jou te moet groet nie. Vandat ek kon onthou was jy daar. Ons laaste kuiertjie was kort en vol lag, maar vol beloftes van ’n lekker opvangkuier volgende naweek met ons reünie. Jy was ’n goeie mens, mamma, vriend en en en . . . ons gaan jou volgende naweek mis , jou plekkie is leeg . . . soveel herinneringe van die afgelope 20 jaar”.

Van der Westhuizen word ook deur haar man, Pieter, oorleef.

Die begrafnis is Saterdag om 10:00 uit die Gereformeerde kerk Kuruman.

Meer oor:  Kathu  |  Kuruman  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.