Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vrou sterf op vlug van Kaapstad na Johannesburg

’n Vrou is Woensdag aan boord van ’n British Airways-vliegtuig vanaf Kaapstad na Johannesburg weens ’n mediese noodgeval dood.

Lt.kol. Katlego Mogale, polisiewoordvoerder, het Donderdagoggend aan Netwerk24 gesê die oorsaak van haar dood is nog nie aan die polisie bekend nie.

“Die paramedici het gesê sy is aan boord dood. Ons is besig met ’n ondersoek om vas te stel hoe sy dood is,” sê Mogale. Die polisie wil ook vasstel in watter stadium van die vlug sy gesterf het.

Die vrou is op die O.R. Tambo-lughawe in Johannesburg dood verklaar nadat die mediese behandeling wat die kajuitpersoneel toegepas het, onsuksesvol was.

William Smook, ’n woordvoerder van British Airways en Comair, het die voorval Donderdagoggend aan Netwerk24 bevestig. Volgens hom het die passasier aan boord van vlug BA6406 vanaf Kaapstad na Johannesburg gesterf.

Hy sê die nooddienste was reeds ontbied terwyl die vliegtuig besig was om te daal, en paramedici het in Johannesburg dadelik aan boord gegaan.

“Die nooddiensspan het by ons bemanning oorgeneem, die oomblik toe hulle aan boord gekom het. Ons bemanning word opgelei om mediese noodgevalle op vliegtuie te hanteer.”

Die lugredery het sy medelye met die passasier se naasbestaandes uitgespreek, sowel as die ander passasiers wat haar sterfte aanskou het.

Meer oor:  British Airways  |  Ba  |  Vliegtuig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.