Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vrou sterf toe motor in KZN in rivier beland
’n Vrou se lyk is Sondag uit die St. Michaelsrivier gehaal nadat haar voertuig deur die brug se reling gebars het. Foto: Netcare 911
Reddingswerkers op die brug oor die St. Michaelsrivier, waar die vrou se lyk uitgehaal is nadat haar voertuig in die water beland het. Foto: Netcare 911
’n Vrou in haar 30’s is opslag dood nadat haar voertuig in die St. Michaelsrivier beland het. Foto: Netcare 911

Menseredders het Sondag ’n vrou se lyk uit die St. Michaelsrivier aan die Suidkus in KwaZulu-Natal gehaal nadat haar voertuig in dié rivier beland het.

’n Vrou het verdrink nadat haar voertuig in St. Michaelsrivier beland het. Foto: Netcare 911

Volgens Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het dié bestuurder vermoedelik beheer oor haar voertuig verloor. Dié voorval het omstreeks 08:30 op die R620 in Uvongo gebeur.

Die motor het van die brug af onderstebo in die rivier beland.

“Menseredders kon haar uit die rivier haal, maar sy was reeds dood,” het Herbst Sondag gesê.

Lt.kol Thulani Zwane, polisiewoordvoerder, sê ’n dossier van strafbare manslag is in die Port Shepstone-polisiekantoor geopen.

“Die bestuurder wat in haar 30’s was, was alleen in die voertuig. Sy het in die brug se reling vasgery en die voertuig het in die rivier beland. Sy is opslag dood,” het Zwane gesê.

Meer oor:  Kwazulu-Natal  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.