Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vrou sterf tussen dobbelmasjiene

’n Vrou in haar middelsestigerjare is Woensdag dood toe sy by die Time Square Casino in Gauteng inmekaar gestort het.

Henri-Basil Hearne, woordvoerder vir die casino, sê een van hul gaste wat langs die vrou by die dobbelmasjiene gesit het, het besef iets is fout en dadelik hulp ontbied.

Paramedici het haar probeer bybring, maar sy is op die toneel dood.

Die area is afgesper totdat die polisie en ’n familielid toestemming gegee het dat haar lyk geskuif mag word.

Hearne het die polisie, veiligheidswagte en paramedici vir hul flink optrede bedank.

Die presiese oorsaak van haar dood moet nog vasgestel word, maar volgens Hearne lyk dit voorlopig asof sy aan natuurlike oorsake dood is.

“Ons het besluit om die familie se privaatheid te beskerm en gaan nie in dié stadium die oorledene te identiteit bekend maak nie,” sê hy.

Meer oor:  Gauteng  |  Dood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.