Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vrou, twee kinders sterf toe hul huis brand

’n Ma en haar twee kinders is Vrydagaand in ’n huisbrand in Katlehong dood.

William Ntladi, woordvoerder van Ekurhuleni se rampbestuursdienste, sê toe brandbestryders by die huis in Dikole aankom, het die dak reeds meegegee en vlamme het by die slaapkamer uitgekom.

Brandbestryders van die Palm Ridge- en Zonkizizwe-brandweerstasies aan die Oos-Rand het die brand in bedwang gebring.

“Nadat die brand geblus is, is die verkoolde lyke van ’n peuter, wat glo drie maande oud was, ’n vierjarige seun en die ma, in haar 30’s, in die slaapkamer gekry,” sê Ntladi.

Die oorsaak van die brand sal volledig ondersoek word, maar die vermoede is dat dit deur ’n elektriese verwarmer veroorsaak is.

Die name van die oorledenes is nog nie bekend gemaak nie.

Meer oor:  Ma  |  Huis  |  Dood  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.