Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vrou val haar dood uit hoogste gebou in Bfn

Die polisie het ’n geregtelike doodsondersoek begin nadat die lyk van ’n 59-jarige vrou Sondagmiddag tussen twee geboue in Bloemfontein gekry is.

Volgens brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, het die vrou  uit die Fidel Castro-gebou van 26 verdiepings, die stad se hoogste gebou wat die Vrystaatse provinsiale regering huisves, gespring.

’n Wag wat diens gedoen het by Pacofs se gebou, wat reg agter die Fidel Castro-gebou in Miriam Makeba-straat geleë is, het omstreeks 13:15 op haar lyk op die grond afgekom.

Die wag het die polisie gebel.

Paramedici het die vrou op die toneel dood verklaar, sê Makhele.

Setjhaba Maphalla, die premierskantoor se kommunikasiehoof, het die voorval bevestig.

Hy sê daar is vasgestel die vrou het eers toegang tot Oliver Tambo-huis, skaars ’n blok daarvandaan, probeer verkry.

“Sy is toegang geweier omdat sy nie die nodige dokumentasie gehad het nie en het daarna na die Fidel Castro-gebou gegaan.

“Die polisie probeer nog vasstel hoe sy toegang tot die gebou verkry het, omdat daar geen rekord is dat sy dit binnegegaan het nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.