Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vrou van Bfn moet leer loop nadat hond haar bene verskeur
Anja Botha (39) van Bloemfontein lê reeds ’n maand lank in ’n staatshospitaal in Krugersdorp nadat ’n pitbull albei haar bene verskeur het. Foto: Verskaf

’n Vrou van Bloemfontein het ’n siviele eis ingedien en oorweeg verdere regstappe nadat ’n pitbull haar by ’n vleisbraai in Krugersdorp verskeur het.

Anja Botha (39), ’n bestuurder by Bains Game Lodge, lê reeds ’n maand lank in die Leratong-staatshospitaal in Krugersdorp en sal van voor af moet leer loop omdat albei haar bene verskeur is.

Sy was in Krugersdorp om oor Kersfees by Manda Smith, haar tannie, te kuier.

Botha is op 28 Desember na ’n braai genooi. Kort nadat sy daar aangekom het, het ’n man, vermoedelik die eienaar van die huis se seun, haar gevra om te loop.

“Ek verstaan dit glad nie.”

Sy sê sy het stil in die hoek gesit en musiek geluister. Toe die man haar weggejaag het, het sy haar handsak gevat en na die voordeur gestap nadat sy ’n Uber ontbied het.

“Toe ek na die hekkie stap, het ’n pitbull uit nêrens op my toegesak.”

Die buurvrou het die ambulans ontbied.

“Ek het presies ’n maand gelede hier wakker geword.”

Anja Botha (39) Foto: Verskaf

’n Noodoperasie is gedoen nadat al die spiere in haar linkervoet “afgekou” is. Sy het ook akute wonde en krapmerke aan haar linkerkuit en regterbeen.

“Ek is so dankbaar dat my gesig, arms en lyf nie ook verskeur is nie.”

Botha sê sy vermoed die man het die hond met opset op haar gesit.

Rolanda Lemmer, haar prokureur, sê sy praat tans met die polisie sodat hulle kan ondersoek instel na wat presies gebeur het.

“Vir die hospitaal om ’n verslag op te stel, moet die polisie eers ’n ondersoek doen.”

Anne-Marie Muller, ’n vriendin van Botha, samel vir haar geld in sodat sy haar mediese koste kan dek.

“Ek dink Anja was haar hele lewe lank al deur so baie seer. En almal wat haar ken, weet watter wonderlike mens sy is.”

Sy het ’n beroep op vriende en kennisse van Botha gedoen om Botha geldelik te ondersteun.

“Die kleinste bedrag is goed genoeg.”

Meer oor:  Honde  |  Hond  |  Hondaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.