Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vrou van Ceres gaan haal vermiste man in KZN
Morné en Annalize OlivierFoto: Facebook

Die man van Ceres wat vyf dae lank vermis was nadat hy “apteek toe is”, se vrou het hom in Richardsbaai gaan haal nadat die polisie hom daar gevind het.

Verlede week het die Pink Ladies-organisasie vir vermiste persone ’n pamflet versprei oor Morné Olivier (42).

Die polisie het ook na hom gesoek, selfs op George.

Hy is Vrydag by die Imvubu Lodge op Richardsbaai opgespoor, het Netwerk24 verneem nadat inligting ontvang is. Iemand het hom daar raakgesien en die polisie is soontoe gestuur.

Na verneem word het sy vrou, Annalize, hom toe daar gaan haal.

Olivier is Maandag laas gesien nadat hy by sy werk by die AgriMark in De Doorns, net buite Worcester, weg is.

Olivier, ’n junior bestuurder by die AgriMark, en sy vrou woon in Ceres. Hy ry elke dag die meer as 70 km na sy werk in De Doorns.

Hy het glo gesê hy voel nie lekker nie en sou glo na die plaaslike apteek gaan om iets te kry. Hy het egter volgens bronne op die dorp nooit by die apteek opgedaag nie.

Sondag het Annalize gesê haar man is by haar en sy wou nie dat Netwerk24 met hom praat nie. “Ons is nou klaar hiermee en dit het niks met enigiemand te doen nie. As julle weer ’n storie publiseer gaan ek julle dagvaar. Moet my ook nooit weer bel nie,” het sy gesê. Daarna het sy die telefoon neergesit.

Meer oor:  Morné Olivier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.