Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vrou van Roodepoort sê KFC moet mediese rekening betaal

’n Vrou van Roodepoort sê sy het siek geword en in die hospitaal beland nadat sy glo kos van KFC geëet het.

Diana Oosthuizen sê dié restaurantgroep moet nou vir haar mediese rekeninge opdok.

Sy en haar gesin het op 6 November kos by die KFC in Strubensvallei, Roodepoort, bestel.

Die Saterdag het Oosthuizen en haar familielede, wat ook glo van die kos geëet het, siek geword.

Sy het sedert die Saterdag gebraak, haar maag was geweldig seer en sy kon niks eet of drink nie.

Sy was so siek dat sy die Sondagoggend vroeg na die ongevalle-eenheid by die Wilgeheuwel-hospitaal gebring is.

Sy het die Maandag weer ’n dokter besoek omdat sy nog nie beter gevoel het nie. Oosthuizen sê die dokter het gesê sy het salmonella.

Sy is Dinsdag in die hospitaal opgeneem en moes Donderdag ’n kamera sluk sodat dokters kon vasstel wat verkeerd is.

Oosthuizen sê die Vrydag is sy ontslaan en die dokter het haar aangeraai om weer soos normaal te eet te drink.

“Ek het 3 kg binne 7 dae verloor. Alles het opgekom en later was ek te bang om iets te eet of te drink.”

Ek het 3 kg binne 7 dae verloor. Alles het opgekom en later was ek te bang om iets te eet of te drink.

Sy sê dit sal net regverdig wees as die restaurantgroep haar mediese onkoste dek, want sy kan nie bekostig om die meer as R6 000 te betaal wat haar medies nie kon dek nie.

“En daar kom nog rekeninge in. Ek moes ook onbetaalde verlof vat.”

KFC het intussen by navraag gesê hy stel ondersoek in.

“Ons is bewus van die saak. Ons neem sulke bewerings uiters ernstig op het onmiddellik stappe gedoen om die feite in te samel toe ons daarvan in kennis gestel is.”

KFC sê ook hy het sedertdien kontak met Oosthuizen gemaak om terugvoering te gee en die kwessie dringend op te los.

“Ons kan egter bevestig dat daar geen soortgelyke gevalle in ons tak in Strubensvallei was nie.”

Die groep het nog nie laat blyk of hy Oosthuizen se mediese rekeninge gaan betaal nie.

Meer oor:  Kfc  |  Diana Oosthuizen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.