Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vrou veilig tuis nadat sy dae lank vermis was

Djamena Manjenje (27), wat Maandag spoorloos verdwyn het toe sy op pad was om haar ma by die Kaapstadse Internasionale Lughawe te gaan haal, is gevind.

Djamena Manjenje is veilig by die huis nadat sy Maandag verdwyn het. Die polisie ondersoek die omstandighede waaronder sy verdwyn het. Foto: Facebook

Die Wes-Kaapse polisie het Vrydag gesê Manjenje het Donderdag by haar blyplek opgedaag.

Die omstandighede waaronder sy verdwyn het, word ondersoek, sê sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder.

Manjenje kry mediese behandeling.

Daar is tot dusver nie ’n strafregtelike saak aanhangig gemaak nie, sê Rwexana.

Manjenje, wat oorspronklik van Luanda, Angola, is, is Maandag omstreeks 14:13 vir die laaste keer gesien buite die hotel in Soutrivier waar sy tuisgaan.

Die polisie en die Pink Ladies se hulp is ingeroep om haar op te spoor nadat sy nie haar bestemming bereik het nie.

Meer oor:  Djamena Manjenje  |  Kaapstad  |  Vermis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.