Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vrou verdrink by Mnandi-strand
’n Vrou het Sondagoggend op Mnandi-strand naby Mitchells Plain, Kaapstad, verdrink.Foto: Verskaf

’n Vrou het vroeg Sondagoggend by Mnandi-strand naby Mitchells Plain, Kaapstad, verdrink.

Wayne Dyason, woordvoerder van die Kaapstad-metro, sê die 34-jarige vrou was een van nege mense van Samora Machel wat die strand besoek het. Sy was voor 07:00 reeds tussen die branders toe sy skielik vermis geraak het.

Volgens Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het hulle om 07:17 ’n oproep ontvang en daarop gereageer.

Haar liggaam is tussen die branders opgemerk en lede van die NSRI in Strandfontein het haar tot op die strand gebring.

Sy is op die toneel dood verklaar, sê Dyason.

Meer oor:  Verdrinking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.