Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vrou verongeluk tydens beurtkrag in Bloemfontein
Christa Potgieter van Bloemfontein wat Vrydagaand in ’n botsing in Raymond Mhlabastraat (ou Andries Pretoriusstraat ) in Bloemfontein dood is wyl die straat pikdonker oor beurtkrag was.Foto: Facebook

Beurtkrag in Bloemfontein het vermoedelik bygedra tot 'n ongeluk waarin 'n vrou dood is. Twee ander mense is beseer en in 'n hospitaal opgeneem.

Dit was Vrydagaand pikdonker in die strate toe Christa Potgieter in Raymond Mhlabastraat met haar Chevy Spark teen 'n Porsche gebots het. Sy is op die toneel dood en die twee passasiers in die Porsche is met beserings na 'n hospitaal gebring.

Rose Nagel, wat in die omgewing was, sê haar man, Herman, was byna die hele tyd op die toneel en sy het ’n rukkie later daar opgedaag.

“Ons was in ’n winkel daar naby. Weens die lawaai van die kragopwekker het ons niks gehoor nie. Toe my man en sy vriend uitgaan, het hulle gesien daar was 'n ongeluk.”

Die bestuurder van die Porsche was ongedeerd en het glo gestaan en lag. Toe Herman hom daaroor aanspreek en sê dit is nie ’n grap nie, het die man aan die oorkant van die pad gaan staan. 

“Ons is nie seker wat gebeur het nie. Daar is ’n glybaan en die twee voertuie het gebots. Dit lyk asof die Porsche se bestuurder baie vinnig moes gery het,” sê die Nagels.

Hulle sê die polisie van die Navalsig-polisiekantoor was gou op die toneel. “Daar was baie polisiemanne wat die situasie knap hanteer het. Insleepdienste het die voertuie weggesleep.”

Die oorledene, wat in haar laat vyftigs geskat word, was geskei. Volgens haar profiel op Facebook het sy aan die Technikon Vrystaat gestudeer en in Bloemfontein gewoon. 

Die ongeluk waarin Christa Potgieter van Bloemfontein Vrydagaand oorlede is.Foto: Verskaf
Die wrak van die voertuig waarin Christa Potgieter van Bloemfontein dood is..Foto: Verskaf
Die ongelukstoneel waarin Christa Potgieter oorlede is.Foto: Verskaf

Meer oor:  Beurtkrag  |  Porsche  |  Bloemfontein  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.