Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vrou waarsku ander ná Uber-bestuurder haar glo aanval


Karin Westphal (53) het ’n saak by die polisie aanhangig gemaak nadat sy in Augustus na bewering deur ’n Uber-bestuurder aangerand is. Foto: Verskaf
’n Bebloede Karin Westphal (53) nadat sy glo deur ’n Uber-bestuurder aangerand is. Foto: Verskaf
Karin Westphal (53) beweer ’n Uber-bestuurder het haar aangerand. Foto: Verskaf

’n Uber-bestuurder van Johannesburg word daarvan beskuldig dat hy ’n vrou in Johannesburg, wat glo die roete bevraagteken het, aangerand en voor aankomende verkeer probeer instamp het.

Thembisa Coleman (31), wat reeds op aanklagte van aanranding in die hof verskyn het, is op borgtog vrygelaat.

Karin Westphal (53) het die beweerde voorval by die Bedfordview-polisiekantoor aangemeld en dit ook onder die Uber-maatskappy se aandag gebring.

Sy het ook die media gekontak om oor die beweerde voorval te berig om dit onder ander Uber-gebruikers se aandag te bring.

Dit blyk dat sy op 13 Augustus ’n Uber vanaf Kensington na Alberton vir haar en ’n vriendin bestel het.

Volgens haar het Coleman in die verkeerde rigting met hulle gery. Sy het hom glo aangeraai om op die snelweg te ry omdat dit ’n korter pad is. Hy het glo nie daarop ag geslaan nie en Westphal het hom weer gevra om die snelweg-opsie op die navigasiestelsel te kies.

Hy het toe na bewering sy humeur verloor.

Volgens haar was sy bang, en het sy hom glo gevra om die motor te stop.

“Hy het gestop, uitgeklim en my aan die passasierskant van die motor uitgetrek. Hy het my aanhoudend oor die kop geslaan,” beweer sy. Volgens haar is haar bril in die voorval beskadig.

Westphal beweer ook dat Coleman haar voor die aankomende verkeer probeer instamp het, maar dat haar vriendin hom gekeer het.

Sy het daarna behandeling in ’n hospitaal ontvang en die saak by die polisie aangemeld. Volgens haar is sy steeds getraumatiseer deur die voorval en ontevrede omdat die polisie haar glo nie op die hoogte van die ondersoek gehou het nie.

’n Woordvoerder van Uber het die beweerde voorval as skokkend en teen die maatskappy se riglyne bestempel.

“Ons neem enige sodanige voorval baie ernstig op en verbied ’n betrokke bestuurder onmiddellik toegang tot die Uber-app.

“Uber is in kontak met die polisie. Ons gee egter ook steun aan die bestuurder aangesien die ondersoek nog nie afgehandel is nie.”

Brig. Mathapelo Peters, polisiewoordvoerder in Gauteng, sê Coleman het op 4 November op ’n aanklag van aanranding in die landdroshof in Germiston verskyn. Hy is op borgtog vrygelaat en verskyn weer op 4 Desember in die hof.

Peters sê vermeende slagoffers het die reg op inligting wanneer hulle ’n saak aanhangig maak. As dit nie gebeur nie, kan hulle dit onder die stasiebevelvoerder se aandag bring.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.