Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vrou wag al 29 dae vir man se lyk

Amper 29 dae nadat Kobus Cronje (58) dood is, lê sy lyk nog in die staatslykhuis van die Tygerberg-hospitaal terwyl sy vrou, Nina, hom ’n waardige begrafnis wil gee.

Maar die forensiese patologiediens van die Wes-Kaapse departement van gesondheid wag vir mediese verslae van die laaste hospitaal waar Cronje behandel is, sê Robert Daniels, ’n woordvoerder van die departement.

Meer as 28 dae nadat hy ná ’n motorfietsongeluk dood is, is daar nog nie ’n lykskouing op Kobus Cronje gedoen nie. Foto: Facebook

Cronje, van Hermanus, was op 10 September in ’n ernstige motorfietsongeluk. Hy is aanvanklik in die MediClinic Vergelegen-hospitaal opgeneem, waar hy verskeie operasies ondergaan het. Hy is van daar af na die Busamed Paardevlei-hospitaal oorgeplaas, waar hy nog operasies moes ondergaan.

Op 13 September het hy ’n bloedklont ontwikkel en is hy in die hospitaal dood.

Daniels sê Cronje se lyk is eers tien dae ná sy dood na die forensiese patologiediens verwys. Dié afdeling het ’n groot werklas, maar dit is volgens hom nie die enigste rede hoekom daar nog nie ’n lykskouing gehou is nie.

As ’n lykskouingsverslag vir ’n moontlike hofsaak nodig is, moet hulle bewyse insamel, die oorsaak van dood bepaal, of ’n misdryf vermoed word, die toelatingsdatum en of ’n oorsaak van dood voor toelating bepaal is.

Hy sê die departement besef die naasbestaandes van ’n dooie beleef ’n moeilike tyd en rou oor hul geliefde, maar hulle doen alles moontlik om die proses te verhaas.

Nina Cronje sê ’n verassingseremonie gaan vir Cronje gehou word.

Meer oor:  Tygerberg-Hospitaal  |  Lyk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.