Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vrou wat met dogter se as verdwyn se lyk gevind
HIer volg brekende nuus. Nog berigte volg namate daar verdere verwikkelinge is.
Natasha Mans

Die lyk van Natasha Mans (41), wat sowat ’n week gelede spoorloos verdwyn het, is Woensdag gevind – nie ver van die huis waar sy in Groenvlei, Bloemfontein, gewoon het nie.

Volgens ’n ingeligte is ’n vuurwapen ook langs Mans se lyk gevind. Sy het op 31 Mei spoorloos in die gietende reën verdwyn.

Lees ook: Natasha verdwyn met vermoorde dogter se as

Haar lyk is Woensdag naby Castenweg in Groenvlei gevind. Dit is naby die huis wat sy met Dennis Casten, haar vriend, gedeel het.

Noeline Koekemoer (15), haar dogter, is in 2015 in Bloemfontein vermoor in die woonstel wat hulle twee gedeel het.


Meer oor:  Natasha Mans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.