Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vrou wat weg was, veilig ná nag in veld

’n Johannesburgse vrou (47) wat sedert Sondag vermis was, is ongedeerd gevind.

Die polisie het Maandagoggend ’n verklaring uitgereik nadat Kim Croeser se familie haar as vermis aangemeld het.

Sedertdien is ’n uitgebreide soektog na haar op tou gesit, terwyl plasings oor haar verdwyning soos ’n veldbrand op Facebook versprei het.

Kim Croeser (47) Foto: Verskaf
Sy sê al wat sy kan onthou, is sy het gegly en geval en haar kop gestamp.

Luidens die polisieverklaring het Croeser Sondag omstreeks 09:30 gaan fietsry in die Rietvlei Zoo Farm in Alberton in die suide van Johannesburg. Die plaas bied ’n wye verskeidenheid buitelewe-aktiwiteite vir families aan.

Haar voertuig is in die parkeerterrein gevind, maar daar was geen teken van haar nie. Haar fiets, selfone en beursie was in die voertuig.

Elowayne Gouws, bedryfsbestuurder by Fox Security, het gesê Croeser is Maandag omstreeks 15:00 veilig in die Rietvlei Zoo Farm gevind.

Fox Security het die polisie sedert Sondagaand bygestaan in die soektog na haar.

Die polisie en Fox Security het sedert Sondag onverpoos in die Rietvlei Zoo Farm na Kim Croeser gesoek. Foto: Verskaf

“Sy het toe nie fietsgery nie, maar gaan stap. Sy is bergop met die voetslaanpad en toe sy bo kom – op pad af aan die ander kant – was daar ’n klomp los klippe,” sê Gouws.

“Sy sê al wat sy kan onthou, is sy het gegly en geval en haar kop gestamp. Sy het duiselig en deurmekaar gevoel en besluit om ’n bietjie te lê totdat sy beter voel.

“Sy het haar bewussyn verloor en eers vanmiddag (Maandagmiddag) wakker geword. Sy het met die voetslaanpad teruggeloop na haar voertuig.”

Kim Croeser nadat sy ongedeerd gevind is. Foto: Verskaf

Gouws, ook ’n paramedikus, het haar wonde behandel en haar in ’n stabiele toestand na die hospitaal geneem.

Sy het geringe beserings opgedoen.

“Haar mond was vol grond en haar neusgate vol stof, so sy het letterlik die hele aand daar gelê,” sê Gouws.

Die polisie het bevestig dat Croeser lewend gevind is.

Teen druktyd kon Croeser se familie nie vir kommentaar bereik word nie.

Meer oor:  Kim Croeser  |  Alberton  |  Rietvlei Zoo Farm  |  Veld  |  Sosiale Media  |  Vermiste Vrou  |  Oornag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.