Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vroue beoog protes by verskyning van Cremer-verdagtes

Lede van die Facebook-groep SA Women Fight Back gaan Donderdag swart aantrek en plakkate swaai wanneer drie mans op aanklag van die moord op Meghan Cremer in die hof verskyn.

Meghan Cremer is vermoedelik verwurg. Foto: Facebook

Cremer (30) se lyk is verlede Donderdagoggend in ’n vlak graf met ’n tou om haar nek onder ’n hoop sand gevind. Sy is vermoedelik verwurg.

Sy het op 3 Augustus vermis geraak nadat sy die Vaderlandsche Rietvlei-perdeplaas in Philippi, waar sy gewoon het, in haar wit Toyota Auris verlaat het. Sy is nie weer lewend gesien nie. Sy is op 4 Augustus as vermis aangemeld.

Drie mans – Jeremy Sias (27), Charles Daniels (39) en Shiraaz Jaftha (34) – het verlede Donderdag in die landdroshof in Athlone, Kaapstad, op aanklagte van motordiefstal, die besit van gesteelde goedere en moord verskyn.

Bronwyn Litkie, die groep se stigter, sê sy weet nog nie presies hoeveel van die lede Donderdag by die hof gaan wees nie.

“Ons hoop vir tussen 100 en 200 mense, maar dit kan meer ook wees.”

Volgens haar gaan die groep plakkate by die hof vertoon as deel van ’n vreedsame protes ter nagedagtenis aan Cremer en ander moordslagoffers.

“Ons het gevra dat almal swart aantrek,” sê sy.

Die groep gaan ook ’n versoekskrif indien teen borgtog vir die mans wat vir Cremer se moord in hegtenis geneem is. Teen Woensdagmiddag is die aanlyn versoekskrif reeds deur meer as 60 000 mense onderteken.

Volgens Litkie wil die groep se lede nie net toesien dat Suid-Afrika ’n veiliger plek word nie, maar wil hulle ook verandering teweegbring deur mense op te voed en ander projekte aan te pak om vroue te bemagtig.

Litkie het die groep verlede Donderdag gestig. Sy het aanvanklik gehoop dat ’n paar 100 lede sal aansluit, maar binne ’n enkele dag het die groep duisende lede bygekry. Die ledetal staan tans op 37 000.

Meer oor:  Meghan Cremer  |  Philippi  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.