Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vroue kry trots terug met ‘borste’ van wol

Baie vroue wat ’n mastektomie gehad het, kan nie die sowat R40 000 bekostig wat ’n prostese hulle sou kos nie, maar daarvoor het tannie Donella Maiden (83) van Randburg ’n antwoord.

Donella Maiden (83) brei Knitted Knockers met angorawol om prosteses te maak vir vroue wat hul borste weens borskanker verloor het. Foto: Elizabeth Sejake

Vir net R50 elk brei sy prosteses van sagte angorawol.

Sy en haar beste vriendin, Cilla Wildgoose (68), het in Maart vanjaar in hul ouetehuis begin om die bra-vullertjies te brei en hulle het reeds meer as 50 voltooi.

“Ons noem dit die Knitted Knockers,” sê sy.

“Ons maak verskillende groottes, want vroue se borste verskil. Party is so groot soos kolwyntjies, ander is so groot soos spanspekke.”

Dit is asof die vroue weer volle selfvertroue het as jy dié stukkies wol vir hulle insit.

Wings of Hope, ’n liefdadigheidsorganisasie wat kankerlyers bystaan, het die naweek weer ’n besending vir armes uitgedeel.

Maiden het die plan van gebreide prosteses beraam nadat sy van ’n tannie in ’n ander ouetehuis gehoor het wat ’n mastektomie gehad het. Sy het die eerste een gebrei en die tannie gevra om dit uit te toets. Die tannie was baie in haar noppies en sy dra dit steeds.

“Dit is asof die vroue weer volle selfvertroue het as jy dié stukkies wol vir hulle insit,” sê Maiden. “Dit is asof hulle weer menswaardigheid het nadat hulle hul borste verloor het.”

Só lyk Knitted Knockers van buite af. Foto: Verskaf

Sy het self haar skoonma, twee van haar susters en haar skoonsuster weens borskanker verloor. Almal van hulle het voor hul dood mastektomieë gehad

“Elke keer verloor hulle ’n gedeelte van hulself,” sê Maiden. “Dit is vir my die ergste gedeelte van borskanker.”

Maiden self het kolonkanker oorleef.

jaco.nel@rapport.co.za

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.