Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vroue skep netwerk wat vroue bemagtig

Sowat 350 vroue het Vrydagaand ’n goeie rede gehad om hulself op te tooi en met vonkelwyn en gourmet-disse bederf te word.

Al dié vroue was spesiale gaste omdat hulle merkwaardige prestasies in die werkplek behaal het. Foto: Leigh Benson Photography

Die 7% Tribe – ’n projek met die doel om Suid-Afrikaanse vroue in die werkplek te bemagtig – is by dié glansgeleentheid bekend gestel.

“As vroue moet ons leer om ’n netwerk te skep,” het Tammy Menton, bemarker, by The Shed in Steyn City, Fourways, gesê.

“Mans is goed daarmee. Hulle is die heeltyd besig om ’n netwerk te skep as hulle gholf speel of selfs toilet toe gaan.

“Vroue moet ook ’n stam vorm deur die netwerkgeleenthede aan te gryp en sodoende rykdom en invloed te skep.”

Nosiphiwo Balfour, uitvoerende hoof van die Texton Property Fund, en haar vriendin, Yolanda Sedibe. Foto: Jeanelle Greyling
Nokuthula Nokky Ndlovu, stigter van die Limit Breakers Global Founda- tion, en Lillian Karuri-Magero. Foto: Jeanelle Greyling
Al dié vroue was spesiale gaste omdat hulle merkwaardige prestasies in die werkplek behaal het. Foto: Leigh Benson Photography
Upasna Singh. Foto: Jeanelle Greyling
Tabea Kabinde. Foto: Leighbenson Photography
Tammy Menton. Foto: Leighbenson Photography
Masechaba Ndlovu. Foto: Leighbenson Photography

Luidens die bestuurskonsultasiegroep Bain & Company se verslag oor geslagsverskille is 22% van vroue op die direksie van maatskappye, maar slegs 7% is uitvoerende direkteurs.

“Dit is ten spyte van die feit dat 50% van die werkerskorps uit vroue bestaan,” lui ’n mediaverklaring van Steyn City.

Menton sê dié syfer groei nie vinnig genoeg nie.

“Dit verander trouens so stadig dat die Wêreld- Ekonomiese Forum skat die geslagsgaping in die werkplek, wat betaling insluit, sal 217 jaar neem om te verdwyn.”

Masechaba Ndlovu, ’n radio-omroeper by Metro FM, en vier invloedryke vroue – Tabea Kabinde, Faith Khanyile, prof. Glenda Gray en Philippa Dods – het ’n paneel gevorm wat verken het waarom daar so ’n groot geslagsgaping in die werkplek is en hoe dié inisiatief vroue kan bemagtig.

Masechaba Ndlovu. Foto: Leighbenson Photography

“Die probleem in werkplekke is nie ras nie, dis geslag,” het Kabinde gesê.

“Vroue word geleer om vriendelik te wees. Ons is apologeties oor alles, selfs in die werkplek.

“Die groot verskil is dat mans hul salaris vasstel en dan daaroor onderhandel. Vroue vra vir die werkgewer wat hulle werd is.”

Die paneel was dit eens die prioriteit is om vroue te help om selfvertroue te hê en om in hul vermoëns te glo.

Vroue se krag lê daarin dat hulle bereid is om mekaar op te lei én by mekaar te leer, sê die paneel.

Voorts stel die 7% Tribe in September die Speed-date-a-mentor bekend, ’n driemaandelikse geleentheid waar jy vir invloedryke vroue beroepsraad kan vra.

  • Kabinde is die besturende direkteur van die werwingsmaatskappy We Find Talent, Khanyile is die uitvoerende hoof en direkteur van Women’s Development Business Investment Holdings, Gray is die uitvoerende hoof en voorsitter van die Suid-Afrikaanse Raad vir Mediese Navorsing en Dods is ’n bemarkings- koördineerder by Meltwater, ’n maatskappy wat die media monitor.
Meer oor:  Vroue
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.