Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vroue stap landwyd om vroueregte te bevorder

Vroue het Vrydag landwyd opgeruk om bewustheid oor vroueregte te bevorder.

“Ons is deel van die oorgrote meerderheid van die samelewing wat swaar kry. Dit is belangrik dat ons stemme gehoor word,” sê Meokgo Matuba, sekretaris-generaal van die ANC-vroueliga.

Die ANC-vroueliga het Vrydag in Pretoria ook deelgeneem aan ’n optog om gelyke regte vir vroue te eis Foto: Deaan Vivier

Sy en ander lede van die vroueliga was deel van die groep Women of South Africa (WoSA) wat by die Uniegebou in Pretoria saamgekom het om ’n memorandum te oorhandig.

Daar was in al nege provinsies bymekaarkomplekke vir vroue wat aan die optog deelgeneem het.

“Deur hierdie optog wil die vroue van Suid-Afrika die regering en die private sektor vra vir besliste optrede om te verseker dat meer vroue in ekonomiese deelname betrokke is,” sê Staff Sithole, WoSA-woordvoerder.

’n Deel van die groep vroue wat Vrydag na die Uniegebou opgeruk het as deel van Women of South Africa (WoSA) se landwye optog. Foto: Deaan Vivier

Sy sê WoSA werk saam met ander organisasies wat hulle vir vroueregte beywer.

Van WoSA se eise sluit in die instelling van ’n jaarlikse geslagsbarometer om vas te stel in hoe ’n mate vroue deel vorm van die Suid-Afrikaanse ekonomie.

Die organisasie het ook ’n beroep gedoen dat die salarisgaping tussen mans en vroue uitgewis word.

Lede van die ANC-vroueliga kniel op die grasperk voor die Uniegebou in Pretoria voordat ’n memorandum oor vroueregte aan die regering oorhandig is. Foto: Deaan Vivier

Sithole sê dis ook belangrik dat meer finansiering beskikbaar gestel word om vroue te help met hul ondernemings.

Teddy Eksteen (41) van Pretoria was een van die vroue wat saam met ’n groep vriendinne by die Uniegebou opgedaag het.

Hulle meen dis belangrik om aandag te gee aan geslagsgeweld. “Ons is moeg vir dié mans wat ons vroue sleg behandel,” sê sy.

Vroue het Vrydag landwyd deelgeneem aan Women of South Africa (WoSA) se optog vir vroueregte. In Pretoria. Foto: Deaan Vivier

Meer oor:  Suid-Afrika  |  Gauteng  |  Johannesburg  |  Gendergeweld  |  Gender  |  Vroueregte  |  Misbruik
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.