Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vryburgse dokter en Cheetah-ondersteuner dood aan Covid-19
Dr. Dries Smit Foto: Verskaf

’n Geliefde dokter en groot Cheetah-ondersteuner van Vryburg het Sondag sy stryd teen Covid-19 verloor.

Dr. Dries Smit (62) is Sondag omstreeks 17:00 in die Life Rosepark-hospitaal in Bloemfontein aan Covid-19-verwante longontsteking oorlede.

Hy was sowat 20 dae in die hospitaal.

Sy spreekkamer in Vryburg, waar hy die afgelope 30 jaar as ’n algemene praktisyn gewerk het, is ’n Cheetah-wonderland met ’n verskeidenheid getekende truie en ander memorabilia van sy gunsteling-rugbyspan.

Hanna Smit, sy vrou van die afgelope ses jaar, sê sy is dankbaar vir die aardse tyd wat sy en die kinders saam met hom kon deurbring.

“Dankie is ’n klein woordjie, jy het my en my twee seuns, Hendrik en Heinrich Keyser, ’n lewe gegee.

“Jy het altyd trots gesê jy het ses kinders. Ek is dankbaar vir jou, my innige, opregte liefde vir jou sal ek altyd hê. In ons fairytale was jy my prins en ek jou prinses.”

Smit sê haar man was seker een van die grootste Cheetah-ondersteuners, wat elke jaar seisoenkaartjies gekoop het en selfs die Cheetah-app op sy foon gehad het.

Sy beskryf hom as ’n onbaatsugtige mens wat almal gehelp en bygestaan het en verskriklik gelief onder die inwoners van Vryburg was.

Dr. Dries Smit en sy vrou, Hanna. Foto: Verskaf

“Ek kyk terug op die ongelooflike jare saam, om jou te moes groet, was die hardste ding wat ek ooit moes doen, soos jy altyd gesê het: ‘Ek lief jou intens.’

“Nou bly ek agter en my hart is gebreek, maar ek sê dankie, dankie, dankie, dankie vir jou tyd, jou liefde, jou omgee, jou menswees, jou lag en dat ek jou vrou kan wees.”

Ronel Pienaar, woordvoerder van die Vrystaat Rugbyunie (VRU), het ook hul medelye met Smit se familie betuig. “Ons innige simpatie en meegevoel met die familie en vriende van dr. Smit. By die Cheetahs is ons soos ’n groot familie en is ons saam hartseer wanneer ons een van ons getroue ondersteuners verloor.”

Benewens Smit en haar seuns, word hy ook deur sy seun, Andries Smit van Engeland, sy dogters, Beunette Lilje van Nederland, Mandi Smit van Pretoria en Estee van Aardt van Polokwane, oorleef.

Hy word voorlopig Woensdag omstreeks 11:00 vanuit die AGS-kerk in Vryburg begrawe.

Van die verskeie getekende truie wat in dr. Dries Smit se spreekkamer in Vryburg pronk. Foto: Verskaf

Meer oor:  Koronavirus  |  Dries Smit  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.