Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vrydag se betoging by Krugerwildtuin afgestel

Die betoging wat Vrydag by die Paul Kruger-hek van die Krugerwildtuin sou plaasvind, is afgestel nadat Sanparke beter salarisverhogings aangebied het.

Sanparke het Donderdag in ’n verklaring bekend gemaak die dispuut oor lone en indiensnemingsvoorwaardes met drie vakbonde wat werkers verteenwoordig, is beëindig.

Die betoging wat Vrydag voor die Paul Kruger-hek van die Krugerwildtuin sou plaasvind, is afgestel nadat Sanparke ’n ooreenkoms met drie vakbonde bereik het. Foto: Eugene Yssel

Hul griewe het die onsuksesvolle loononderhandelinge, asook oortydbetaling vir naweekwerk en openbare vakansiedae ingesluit.

Die vakbond het ’n 8%-salarisverhoging aanvaar.

Rey Thakhuli, Sanparke se waarnemende kommunikasiehoof, sê die partye het onmiddellik die ooreenkoms amptelik gemaak nadat die dispuut Woensdagaand beëindig is.

“Die besonderhede van die getekende ooreenkoms beteken werkers kry ’n salarisaanpassing van 8% en verbeterde voordele.”

Fundisile Mketeni, Sanparke se uitvoerende hoof, sê as ’n werkgewer het hulle ’n regverdige en gebalanseerde aanbod ter tafel gelê wat nie poste in gedrang sal bring nie.

Hospersa, die grootste vakbond by Sanparke, sê in ’n verklaring hulle is verbind daartoe om te veg vir die werkers.

Kevin Halama, Hospersa-woordvoerder, het die vakbond se lede bedank vir hul geduld met die onderhandelinge, wat in April vanjaar begin het.

Halama het ook gesê Hospersa beloof om aan te hou veg vir beter werksverhoudingpraktyke by Sanparke.

Meer oor:  Sanparke  |  Hospersa  |  Krugerwildtuin  |  Betoging  |  Salarisverhogings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.