Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vryerige jonges té stout vir SA se ma’s

Orbit-kougom het besluit om een van sy advertensies in Suid-Afrika te onttrek ná klagtes dat dit tienerseks aanmoedig.

In die advertensie kafoefel ’n jong ou en meisie in wat soos ’n koshuiskamer lyk. Haar ouers klop aan die deur, sy trek haastig haar klere aan en gooi vir die ou sy broek.

Die oomblik toe die meisie se ouers aan die deur klop. Foto: Skermgreep

Maar in plaas daarvan om aan te trek, eet hy ’n stukkie kougom en maak die deur met selfvertroue oop. “Hi, I’m Tom,” sê hy en steek sy hand uit. Dan glimlag die ouers goedkeurend en die Orbit-slagspreuk, “Your time to shine”, verskyn op die skerm.

Gail Schimmel, uitvoerende hoof van die Advertensiebeheerraad (ARB), sê hulle het drie klagtes oor die advertensie ontvang.

Orbit het ook klagtes gekry en self op grond daarvan besluit om die advertensie te onttrek. Die ARB het die saak toe daar gelaat.

Tumi Masekela, ’n woordvoerder van Orbit in Suid-Afrika, het aan Rapport gesê die bedoeling van die advertensie was om humoristies en lighartig te wees. “Die hele ‘Time to shine’-veldtog het daaroor gegaan om mense in hul ongemaklikste oomblikke bietjie selfvertroue te gee. Ons wou nie iemand aanstoot gee nie.”

Eerder as om sy broek aan te trek, kou hy ’n stukkie Orbit-kougom.

Masekela sê die advertensie is goed ontvang in ander lande. “Suid-Afrika is een van die laaste plekke wat die veldtog gekry het.”

Hulle het drie klagtes by hul inbelsentrum gekry van ma’s wat ontevrede was en hulle het toe die advertensie van televisiekanale onttrek. Hulle het dit egter steeds op Facebook uitgesaai. Mense het toe op Facebook ook begin kla.

“Wat ’n aaklige en patetiese advertensie. Is dit wat julle ons kinders wil leer . . .” vra een Facebook-gebruiker. ’n Ander sê: “Die advertensie moet verwyder word. Wat leer dit? Wat presies adverteer julle, want dit het niks te make met kougom nie. Die advertensie moet val.”

Honderde ander dink weer die advertensie is baie snaaks.

Schimmel het aan Rapport gesê as hulle klagtes ontvang oor die advertensie op Facebook sal hulle dit ook ondersoek.

Meer oor:  Advertensie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.