Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vrystaatse boere steeds aan eie lot oorgelaat in krisis

Ná die uitmergelende droogte in 2019 kry die Vrystaatse landboubedryf ook geen staatshulp tydens die Covid-19-krisis nie, sê dr. Roy Jankielsohn van die DA.

Hy sê in ’n verklaring William Bulwane, Vrystaatse LUR vir landbou, het op ’n vraag in die wetgewer gesê die landboubedryf sal niks kry van die meer as R870 miljoen se rampbefondsing wat na die Vrystaat kom nie.

As rede sê hy: “Die droogte het in die meeste van die gebiede plaasgevind wat voorheen geaffekteer was en daarom kyk die rampbestuursentrum eerder na strategieë om daarmee te handel, pleks van noodverligting.”

Jankielsohn sê die DA sal die week ’n opvolg-vraag vra om vas te stel wat bedoel word met “in die meeste gebiede wat voorheen geaffekteer was” en “strategieë om hiermee te handel.”

Die DA het die premier in 2019 versoek om die Vrystaat as ’n provinsiale rampgebied te verklaar. Dit is gedoen en hoewel befondsing geïdentifiseer kon word, het niks daarvan gekom na die ekonomiese sektor wat die ergste deur die droogte geraak is nie.

Geld wat aan munisipaliteite toegewys is, was onderworpe aan verskeie onreëlmatighede en wanpraktyke.

“Die meeste water-onseker gemeenskappe in stedelike gebiede het onveranderd gebly nadat honderdmiljoene rande bestee is om dit teë te werk.”

Die meeste water-onseker gemeenskappe in stedelike gebiede het onveranderd gebly nadat honderdmiljoene rande bestee is om dit teë te werk.

Jankielsohn sê die gevolge van die droogte word steeds gevoel al het dit intussen gereën.”

Hy sê die ekonomiese impak van die droogte op plaasboere het ernstige gevolge vir die provinsie se landelike ekonomieë en werkskepping te midde van die huidige staat van inperking wat ook ernstige gevolge vir die ekonomie inhou.

Jankielsohn sê dringende aandag moet gegee word aan droogtehulp-verligting vir die landboubedryf, wat die land se kos in baie moeilike omstandighede verskaf. En dit moet lank vooruit beplan word.

“Ons plaaslike kommersiële landbou-uitsette word bedreig deur misdaad, ekstreme omgewingstoestande soos droogtes, swak kommoditeitspryse, verhoogde insetkoste en politieke bedreigings van onteiening van grond sonder vergoeding.”

Jankielsohn sê terwyl die landboubedryf op die lys van noodsaaklike dienste gebly het tydens die inperking, word daar voortgegaan om hulle te ontneem van die baie noodsaaklike ondersteuning en bly boere slagoffers van voortgesette politieke retoriek.

“Die verwaarlosing van die landboubedryf kan skrikwekkende gevolge op die land se nasionale voedselsekerheid hê. Selfs nou dat die stryd teen die koronavirus baie geld gaan opslurp, is ’n gesonde landboubedryf nodig as voorvereiste vir ’n gesonde bevolking.”

Jankielsohn sê die plaasboere (kommersieel, opkomend en bestaansboere) het net soveel hulp nodig soos die slagoffers van die pandemie.

Die verwaarlosing van die landboubedryf kan skrikwekkende gevolge op die land se nasionale voedselsekerheid hê. Selfs nou dat die stryd teen die koronavirus baie geld gaan opslurp, is ’n gesonde landboubedryf nodig as voorvereiste vir ’n gesonde bevolking.

Meer oor:  Boere  |  Inperking  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.