Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vrystaatse paaie steeds gesluit ná swaar reën

Hoewel die reënwolke vir eers weggetrek het, is sekere paaie in die Vrystaat steeds onder vloedwater ná swaar reënval vroeër die week.

Tussen 150 mm en 200 mm het sedert Donderdag 18 April tot Woensdag 24 April oor die sentrale dele van die provinsie geval. Die meeste gebiede hier het reeds vir April ’n rekordsyfer van ongeveer 250 mm aangeteken.

Andrea, Dewald en Karen van der Berg van Petrusburg was Vrydag op pad na Pretoria vir die naweek toe hulle moes omdraai by die verspoelde Wesselsbronpad. Foto: Verskaf

Die Sandrivier naby Welkom en talle spruite is in vloed en die Rietspruit buite Virginia kom nou af. Die waterval by Swalukrans is danksy die Rietspruit wat in vloed is ’n bruisende watermassa.

Die Erfenisdam tussen Theunissen en Winburg staan tans op 121% en die Allemanskraaldam het Donderdagaand tot by 99% gestyg. Die Gariepdam is 94% vol.

Die R719-Wesselsbronpad is steeds gesluit. Die paaie om Winburg, wat vroeër die week in gedrang was, is weer oopgestel.

Dit volg nadat die boonste grondlaag van die Marquarddam se wal Woensdagaand weggekalwe is. Talle paaie om Winburg is gesluit nadat die Vetrivier sy walle oorstroom het.

Isak Mahana (45), die plaaswerker wat Dinsdagoggend op die plaas Winkelspruit by Ventersburg vermoedelik verdrink het toe die vloedwater hom en sy trekker 400 m ver meegesleur het, se lyk word steeds gesoek.

Dorre streke in die Noord-Kaap, soos Kenhardt en Putsonderwater, het egter steeds geen reën gekry nie.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ’n waarskuwing uitgereik vir toestande wat bevorderlik is vir die ontstaan van wegholveldbrande in die noordelike dele van die Noord-Kaap.

Oggend-miskolle word vir Saterdag in die ooste van die Vrystaat voorspel, andersins sal die son skyn en sal die temperature koel tot warm wees.

Die Erfenisdam tussen Theunissen en Winburg is tans 121% vol. Foto: Linda du Plessis
Die Erfenisdam tussen Theunissen en Winburg is tans 121% vol. Foto: Linda du Plessis
Die Erfenisdam tussen Theunissen en Winburg is tans 121% vol en die water stroom oor die wal. Foto: Linda du Plessis

Meer oor:  Vrystaat  |  Oorstromings  |  Vloede  |  Reën  |  Verkeer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.