Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vrystaatse padkrisis word net erger
Die Harmonia-pad buite Ficksburg is weer in ’n grondpad omskep omdat die teeroppervlak verbrokkel het en onbegaanbaar was. Foto: Verskaf

Bykans twee maande nadat inwoners van Ficksburg die paaie om die dorp uit protes teen die vervalle toestand daarvan versper het, is daar gemengde resultate.

Friedl von Maltitz, streekverteenwoordiger van Vrystaat Landbou (VL), het gesê die grootste uitdagings is ’n gebrek aan geld en kundigheid en die masjinerie wat aanhoudend breek.

Volgens hom is die werk aan die Harmonia-pad, wat boere gevra het eerder ’n grondpad gemaak moet word in plaas daarvan om die vervalle teerpad aan te hou lap, is 90% voltooi.

Dié pad, wat die LUR van polisie, paaie en vervoer, Sam Mashinini, moes ry om te vergader met die ontevrede gemeenskap, was weens die slaggate en ’n verbrokkelde teeroppervlak in ’n haglike toestand.

“Daar is geen standaardwerkwyse waarop paaie herstel word nie. Elkeen doen sy eie ding en daar is nie aanvaarbare resultate nie,” het hy gesê.

Dit blyk van die mengsels wat gebruik word om die slaggate op te vul, is van ’n swak gehalte, terwyl die padwerkers ook te min daarvan kry om hul werk reg te doen.

Von Maltitz het gesê ’n kontrakteur het blykbaar reeds geloop omdat hy nie betaal is nie.

Daar is geen standaardwerkwyse waarop paaie herstel word nie. Elkeen doen sy eie ding en daar is nie aanvaarbare resultate nie.

Hy hoop egter dat daar in die boekjaar wat pas aangebreek het, genoeg geld hiervoor sal wees.

Gerhard Olivier van Clocolan het gesê omdat die Oos-Vrystaat se paaie so swak is, wil van die skole nie meer hul busse gebruik nie. Mense moet nou ten duurste betaal vir minibussies om hul kinders te vervoer.

Intussen is boere en ander inwoners van die Goudveld ook op die oorlogspad omdat die paaie daar al hoe meer verval.

Maxi Badenhorst, die DA se hoofsweep in die Matjhabeng-munisipaliteit, het op 30 April in ’n brief aan Mashinini geëis dat ingegryp word.

Dit kom nadat Muller Mekgwe, ’n senior amptenaar van die paaiedepartement, die gebied saam met haar besoek het en belowe het dat die herstelwerk reeds op 13 April sou begin.

Slaggate soos dié skep ’n groot gevaar vir padgebruikers Foto: Verskaf

Die R70 tussen Ventersburg en Odendaalsrus is vol slaggate, wat daagliks groter en dieper uitgetrap word.

Terwyl daar sedert verlede jaar aan die R70 tussen Ventersburg en Senekal gewerk is, het gate reeds weer op sommige plekke op die nuwe oppervlak gevorm.

Paaie in die gebied rondom Welkom verval al hoe meer. Foto: Verskaf

Dit is ook nie duidelik wanneer die pad voltooi sal wees nie.

Van Hennenman af is die S175-pad na Kroonstad nou bykans onbegaanbaar en die slaggate word net al hoe groter.

Tussen Hennenman en Virginia is die pad ook besig om te agteruit te gaan en al hoe meer slaggate kom hier voor.

Die R34 tussen Wesselsbron en Odendaalsrus is in net so ’n swak toestand.

Badenhorst het Mashinini gevra om voor of op 15 Mei op haar brief te reageer.

Meer oor:  Vrystaat Landbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.